Die kwessie van die 30 April sperdatum vir registrasie van Yango-bestuurders word steeds in die Nasionale Vergadering bespreek, te midde van kritiek deur die publiek. Kosmos 94.1 Nuus het met Yango in verbinding getree en volgens Zanyiwe Asare, Yango se groephoof van beleid, sukkel Yango-bestuurders om permitte uitgereik te kry.
President Donald Trump van Amerika sê die skietstilstand tussen Israel en Libanon is met drie weke verleng. Dit volg na ʼn onlangse vergadering in die Withuis met die twee lande se ambassadeurs. Sporadiese gevegte tussen Israel se weermag en Iran-ondersteunde Hisbolla het die afgelope week voortgeduur. Hisbolla het vuurpyle op…
Gobabis het nes Okahandja, Donderdag swaar reën ervaar en talle huise is oorstroom. Die A, B, en C Kanaan nedersettings het die grootste skade rapporteer. Gemeenskappe kort dringend hulp. Kosmos 94.1 Nuus het met die goewerneur van die Omaheke-streek, Pijoo Nganate gepraat.
Die DA verwelkom die nasionale polisiekommissaris, Fannie Masemola, se voorlopige skorsing en sê dis ʼn noodsaaklike stap om die amp se integriteit te beskerm. Masemola het Dinsdag in die hof verskyn in verband met die onregmatige toekenning van ʼn SAPD-gesondheidsdienskontrak van 360 miljoen Suid-Afrikaanse rand aan Medicare24. President Cyril Ramaphosa…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.