Trump kondig drie-week lange skietstilstand in Libanon aan

Loading player...
President Donald Trump van Amerika sê die skietstilstand tussen Israel en Libanon is met drie weke verleng. Dit volg na ʼn onlangse vergadering in die Withuis met die twee lande se ambassadeurs. Sporadiese gevegte tussen Israel se weermag en Iran-ondersteunde Hisbolla het die afgelope week voortgeduur. Hisbolla het vuurpyle op die noorde van Israel afgevuur en die land beskuldig dat hy die vorige skietstilstand verbreek het. Trump sê daar is ʼn goeie kans op vrede tussen Israel en Libanon:
24 Apr 4AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Afrikalande 'moet verbeter om migrasie te verminder'

President Cyril Ramaphosa sê Afrikalande moet meer ekonomiese geleenthede skep, staatsbestuur verbeter en konflik oplos om migrasie aangevuur deur noodsaaklikheid te verminder. Hy het in Midrand, Gauteng, aan die Pan-Afrika-parlement gesê migrasie moet regverdig bestuur word met die beskerming van menswaardigheid en die oppergesag van die reg. Ramaphosa het Afrikalande…
27 Jul 11AM 1 min

Reaksiespanne help met Dâures-veldbrande

Die omgewingsministerie het bevestig dat reaksiespanne ontplooi is om die groot veldbrande wat oor dele van die Dâures-kiesafdeling in die Erongo-streek woed, te help beheer. Die brande is al vier dae aktief en bedreig lewens, vee en weiding terwyl droë, winderige toestande hul verspreiding aanvuur. Kosmos 94.1 Nuus het met…
27 Jul 11AM 1 min

'Tekort aan kondome, ander middels' hou tienerswangerskappe hoog

Die Parlementêre Staande Komitee oor Geslagsgelykheid, Gesondheid en Maatskaplike Welsyn is in die Ohangwena-streek op soek na antwoorde oor waarom tienerswangerskappe hoog bly ten spyte van adolessente-gesondheidsprogramme. Die komitee word ingelig oor jongmense se toegang tot gesinsbeplanningsdienste, MIV-voorkoming en reproduktiewe gesondheidsorg. Verpleegster-in-Beheer by die Ohangwena-kliniek in Omafo, Frieda Shikongo, sê…
27 Jul 10AM 1 min

Landbou onthul strategie vir transformasie van agri-voedselsektor

Die landbouministerie het vandag sy strategie vir die transformasie van die agri-voedselsektor aan ontwikkelingsvennote onthul, 'n belangrike stap in die rigting van modernisering van die land se landboubedryf. Landbouminister Inge Zaamwani sê die vyfjaarstrategie sal 'n aantrekliker beleggingsomgewing skep, publiek-private vennootskappe versterk en gekoördineerde optrede dryf om die agri-voedselsektor van…
27 Jul 10AM 1 min