Oud-ombud het groot kommer oor groeiende dobbelary

Loading player...
Namibië se dobbelbedryf floreer, maar kritici waarsku dat die maatskaplike koste selfs hoër kan wees. Namate die sektor byna 1 miljard Namibiese dollar in jaarlikse inkomste nader, met fisiese dobbelterreine en aanlyn-dobbel wat vinnig uitbrei, het huishoudelike skuld tot 68,5 miljard dollar gestyg. Voormalige ombudsman John Walters sê die land staar 'n groeiende verslawingskrisis in die gesig en dring daarop aan dat die regering dobbellisensies heroorweeg voordat meer Namibiërs hulself dieper in armoede in dobbel. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gesels:
9 Jan 4AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Yango-permitte bly in die nuus

Die kwessie van die 30 April sperdatum vir registrasie van Yango-bestuurders word steeds in die Nasionale Vergadering bespreek, te midde van kritiek deur die publiek. Kosmos 94.1 Nuus het met Yango in verbinding getree en volgens Zanyiwe Asare, Yango se groephoof van beleid, sukkel Yango-bestuurders om permitte uitgereik te kry.
24 Apr 4AM 1 min

Trump kondig drie-week lange skietstilstand in Libanon aan

President Donald Trump van Amerika sê die skietstilstand tussen Israel en Libanon is met drie weke verleng. Dit volg na ʼn onlangse vergadering in die Withuis met die twee lande se ambassadeurs. Sporadiese gevegte tussen Israel se weermag en Iran-ondersteunde Hisbolla het die afgelope week voortgeduur. Hisbolla het vuurpyle op…
24 Apr 4AM 1 min

Gobabis vra hulp na swaar reën

Gobabis het nes Okahandja, Donderdag swaar reën ervaar en talle huise is oorstroom. Die A, B, en C Kanaan nedersettings het die grootste skade rapporteer. Gemeenskappe kort dringend hulp. Kosmos 94.1 Nuus het met die goewerneur van die Omaheke-streek, Pijoo Nganate gepraat.
24 Apr 3AM 1 min

DA verwelkom Masemola-skorsing

Die DA verwelkom die nasionale polisiekommissaris, Fannie Masemola, se voorlopige skorsing en sê dis ʼn noodsaaklike stap om die amp se integriteit te beskerm. Masemola het Dinsdag in die hof verskyn in verband met die onregmatige toekenning van ʼn SAPD-gesondheidsdienskontrak van 360 miljoen Suid-Afrikaanse rand aan Medicare24. President Cyril Ramaphosa…
24 Apr 3AM 1 min