
Venezuela: Trump stel in meer as hulpbronne belang
Loading player...
Berigte dat politieke gevangenes in Venezuela vrygelaat gaan word, is 'n teken dat die VSA se optrede in die land nie net oor natuurlike hulpbronne en olie gaan nie. President Donald Trump neem op die oomblik beheer oor die land se oliebedryf en het handelsbeleid ook op die regering afgedwing maar nou eis hy die vrylating van politieke gevangenes. Paola Bautista, ‘n lid van die land se opposisie het met Sky News gepraat.

