'Trump se kweekgasbesluit reuse-terugslag vir klimaatverandering'

Loading player...
President Donald Trump het die 2009-bevinding oor klimaatsgevare wat deur president Barack Obama aanvaar is, herroep. Die Agentskap vir Omgewingsbeskerming het bevind ses kweekhuisgasse, insluitend koolstofdioksied en metaan, hou ʼn gevaar in vir openbare gesondheid. Omgewingsgroepe sê die besluit is die grootste terugslag oor klimaatsverandering. Trump sê die skuif is die grootste enkele deregulatoriese besluit in Amerika se geskiedenis:
13 Feb 3AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Lof vir Stanford se Seed-program

Die Stanford Graduate School of Business het deur sy mentorskap ‘Seed’-program 'n beroep op Namibiese besighede gedoen om aansoek te doen vir sy 2026-program, wat 'n tien-maande lange reis van wêreldklasopleiding, plaaslike werkswinkels en netwerkvorming bied. Die inisiatief het reeds agt plaaslike firmas gehelp om verlede jaar 351 miljoen Namibiese…
27 Apr 3AM 1 min

Pirate heel bo in Premierliga

Orlando Pirates het sy plek boaan die Premierskap behou ná 'n taai gelykop-stryd van een-elk teen Kaizer Chiefs in 'n uitverkoopte Soweto-derby op die FNB-stadion. Mamelodi Sundowns het 'n kans misgeloop om bo uit te kom ná 'n doellose gelykoptelling teen Richards Bay op die uMhlathuze-stadion. Pirates het tans 59…
27 Apr 3AM 1 min

Goeie rade maak vir beter bestuur

Die Bank van Namibië het sy eerste seminaar in ‘n reeks aangebied, onder die tema "Korporatiewe Bestuur as 'n Pilaar van Vertroue - Versterking van Raadsleierskap om Finansiële Stabiliteit te Beskerm en Openbare Vertroue te Verhoog." Die seminare sal die ontwikkelende rol van rade, bestuurspraktyke, raadsbestuur, diversiteit en hoë rade-aandeelhouerverwagtinge…
27 Apr 2AM 1 min

Sawe bedank toeskouers in Londen

Die 30-jarige Keniaan, Sabastian Sawe het Sondag geskiedenis gemaak by die Londen-marathon deur die eerste atleet te word wat ’n marathon in minder as twee uur voltooi. Hy het met die media gepraat en sê die skare, en ‘n goeie ondersteunende span het dit moontlik gemaak.
27 Apr 2AM 1 min

‘Geheime Diens het foute gemaak’

Na die derde sluipmoordpoging op president Donald Trump by die Withuis Korrespondente-dinee by die Hilton Hotel in Washington, sê ‘n voormalige Geheime Diens-agent Tim Miller, groot foute is gemaak deur die diens, veral omdat daar ‘n poging in 1980 op president Ronald Reagan was.
27 Apr 1AM 1 min