NaCC vind ook ongerymdhede met oorname van 52 vulstasies

Loading player...
Voorlopige bevindinge deur die Namibiese Mededingingskommissie waarsku dat 'n voorgestelde ooreenkoms, een maatskappy oorweldigende beheer oor Namibië se brandstofkleinhandelmark kan gee. Die plan sal daartoe lei dat Nasan Energies Namibia, 52 Engen- en Shell-handelsmerk-vulstasies van Vivo Energy Namibia verkry, wat 'n potensiële markaandeel van 70 tot 80 persent skep. Nasan deel ‘n direkteur met twee maatskappy wat nou saam met Vivo werk. Die kommissie se samesmeltingsdirekteur, Johannes Ashipala, sê die transaksie kan mededinging verminder en werksgeleenthede bedreig. Hy het vanoggend by 'n belanghebberkonsultasie in Windhoek gepraat.
17 Feb 5AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

AR verwelkom finansies se opdrag oor Namibiese aanstellings, maar...

Die AR-beweging het 'n opdrag van die finansministerie verwelkom wat vereis dat ten minste 70 persent van direkteure en uitvoerende hoofde in bank- en mikrofinansieringsinstellings Namibiese burgers moet wees. Die bevel reserveer ook sleutelrolle, insluitend voorsitters van direksies en hoof finansiële beamptes vir Namibiërs, met enige buitelandse aanstellings onderhewig aan…
4 Mar 4AM 1 min

COPE betreur afsterwe van sy stigter Lekota

COPE betreur die dood van sy stigtersleier, Mosiuoa Lekota. Die 77-jarige anti-apartheidsaktivis, wat algemeen bekend was as 'Terror', is na 'n lang siekbed in 'n hospitaal oorlede. Lekota het in verskeie hoedanighede in die regering gedien, insluitend as premier van die Vrystaat en minister van Verdediging, en was ook ANC-voorsitter…
4 Mar 4AM 1 min

EU en FIC vergader oor risiko's

Die Finansiële Intelligensiesentrum en die Europese Unie hou 'n weeklange Nasionale Risikobepalingswerkswinkel wat daarop gemik is om Namibië se raamwerk vir die bestryding van geldwassery, terrorismefinansiering en verspreidingsfinansiering te versterk. Ian Dupont, die Europese Unie se adjunk-sendinghoof, sê dit sal ook die land se vermoë versterk om proaktief kwesbaarhede te…
4 Mar 2AM 1 min

DIRCO moet plan maak met landsburgers in Midde-Ooste

Die DA het die departement van Internasionale Betrekkinge en Samewerking versoek om betroubare kanale vir kommunikasie en noodkonsulêre dienste beskikbaar te stel vir Suid-Afrikaners wat in lande en state in die Midde-Ooste gestrand is. Dit spruit uit die onlangse Israels-Amerikaanse militêre aanvalle op Iran en die gevolglike vergeldingsaanvalle wat in…
4 Mar 2AM 1 min

Waterdienste-wet: Institusionele mislukkings moet aangespreek word

AfriForum sê die voorgestelde Wysigingswetsontwerp op Waterdienste kan die waterkrisis vererger as beheer gesentraliseer word sonder om onderliggende institusionele mislukkings reg te stel. Die organisasie waarsku dat politieke aanstellings, swak toesig en verminderde professionele kapasiteit steeds die werklike probleme is. Lambert de Klerk van AfriForum doen 'n beroep op die…
4 Mar 2AM 1 min