Die Finansiële Intelligensiesentrum en die Europese Unie hou 'n weeklange Nasionale Risikobepalingswerkswinkel wat daarop gemik is om Namibië se raamwerk vir die bestryding van geldwassery, terrorismefinansiering en verspreidingsfinansiering te versterk. Ian Dupont, die Europese Unie se adjunk-sendinghoof, sê dit sal ook die land se vermoë versterk om proaktief kwesbaarhede te…
Die DA het die departement van Internasionale Betrekkinge en Samewerking versoek om betroubare kanale vir kommunikasie en noodkonsulêre dienste beskikbaar te stel vir Suid-Afrikaners wat in lande en state in die Midde-Ooste gestrand is. Dit spruit uit die onlangse Israels-Amerikaanse militêre aanvalle op Iran en die gevolglike vergeldingsaanvalle wat in…
AfriForum sê die voorgestelde Wysigingswetsontwerp op Waterdienste kan die waterkrisis vererger as beheer gesentraliseer word sonder om onderliggende institusionele mislukkings reg te stel. Die organisasie waarsku dat politieke aanstellings, swak toesig en verminderde professionele kapasiteit steeds die werklike probleme is. Lambert de Klerk van AfriForum doen 'n beroep op die…
Berigte het na vore gekom dat president Donald Trump se frustrasie toeneem nadat Britse premier Keir Starmer aanvanklik gehuiwer het om die VSA toe te laat om die Diego Garcia-basis by die Chagos-eilande naby Mauritius vir aanvalle teen Iran te gebruik. Trump sê hy is baie teleurgesteld dat Starmer te…
Die 2021 Wet op Finansiële Instellings en Markte, bekend as FIMA, word nou gefinaliseer. Die wet het opslae gemaak oor die pensioen bewaringsbepaling wat nou amptelik uitgelaat is uit die wetgewing. Kenneth Matomala, die hoofuitvoerende beampte van Namfisa, het met die regeringsinligting sentrum gesels oor die stand van die wetgewing…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.