Suid-Afrika se werkloosheid is amper die helfte van die land

Loading player...
Die vakverbond Saftu sê volgens syfers in die Kwartaallikse Arbeidsmagopname vir die vierde kwartaal van 2025 staar Suid-Afrika ʼn strukturele ekonomiese ramp in die gesig. Die werkloosheidsyfer het in die drie maande tot Desember tot 31,4-persent gedaal. Saftu-woordvoerder Asive Dyani sê die verslag bevestig dat die gekombineerde syfer vir werkloosheid en die moontlike arbeidsmag op 42,1-persent byna die helfte van die bevolking is:
18 Feb 5AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Waterdienste-wet: Institusionele mislukkings moet aangespreek word

AfriForum sê die voorgestelde Wysigingswetsontwerp op Waterdienste kan die waterkrisis vererger as beheer gesentraliseer word sonder om onderliggende institusionele mislukkings reg te stel. Die organisasie waarsku dat politieke aanstellings, swak toesig en verminderde professionele kapasiteit steeds die werklike probleme is. Lambert de Klerk van AfriForum doen 'n beroep op die…
4 Mar 2AM 1 min

Trump beledig Starmer tydens perskonferensie

Berigte het na vore gekom dat president Donald Trump se frustrasie toeneem nadat Britse premier Keir Starmer aanvanklik gehuiwer het om die VSA toe te laat om die Diego Garcia-basis by die Chagos-eilande naby Mauritius vir aanvalle teen Iran te gebruik. Trump sê hy is baie teleurgesteld dat Starmer te…
4 Mar 2AM 1 min

FIMA na verwagting vanjaar geïmplementeer

Die 2021 Wet op Finansiële Instellings en Markte, bekend as FIMA, word nou gefinaliseer. Die wet het opslae gemaak oor die pensioen bewaringsbepaling wat nou amptelik uitgelaat is uit die wetgewing. Kenneth Matomala, die hoofuitvoerende beampte van Namfisa, het met die regeringsinligting sentrum gesels oor die stand van die wetgewing…
4 Mar 1AM 1 min

McPherson eis ondersoek na Ormonde-gebou

Die minister van Openbare Werke en Infrastruktuur, Dean McPherson, sê die ineenstorting van die gebou in Ormonde, suid van Johannesburg, het weereens die basiese uitdagings ontbloot in die manier waarop die bou-omgewing in Suid-Afrika gereguleer word. Nege mense is Maandagmiddag dood toe ’n betonblad tussen twee verdiepings van ’n gebou…
4 Mar 1AM 1 min

ActionSA het gehoop Cyril sou verhoging self van die hand wys

ActionSA sê die regering van nasionale eenheid waarsku landsburgers gedurig om hul sente om te draai, maar die uitvoerende gesag en president weier om ’n voorbeeld te stel. Dit volg nadat die Nasionale Vergadering ’n salarisverhoging van 3,8-persent vir president Cyril Ramaphosa goedgekeur het. Athol Trollip van ActionSA sê terwyl…
4 Mar 12AM 1 min