Dís hoekom Afrika op VN Veiligheidsraad moet wees

Loading player...
Afrika-leiers hernu hul druk vir permanente verteenwoordiging op die Verenigde Nasies se Veiligheidsraad, 20 jaar na die aanneming van die Ezulwini-konsensus en die Sirte-verklaring. In 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus sê die Suid-Afrikaanse politieke kommentator dr. Charles Sinkala dat Afrika se uitsluiting van die magtige globale liggaam beide onregverdig en verouderd is. Hy het meer.
18 Feb 10AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Justisieminister moet bedank, vra COPE

COPE vra die minister van Justisie, Mmamoloko Kubayi, moet bedank na bewerings van korrupsie, onbevoegdheid en magsmisbruik in die Ondersoekdirektoraat teen Korrupsie. COPE sê die bevindings wat voor die Madlanga-kommissie aan die lig gekom het, wys op stelselmislukkings onder Kubayi se toesig. Die waarnemende nasionale voorsitter, Pakes Dikgetsi, voer aan…
31 Jul 11AM 1 min

Mynbou-regulering in beskermde gebiede goedgekeur

Inligtingsminister Emma Theofelus het die jongste kabinetsbesluite aangekondig, insluitend die goedkeuring van 'n nuwe beleid om prospektering en mynbou in Namibië se beskermde en omgewingsensitiewe gebiede te reguleer terwyl ekosisteme beskerm word. Die kabinet het ook Namibië se ondertekening van die Statuut van die Afrika-Mineraalontwikkelingsentrum goedgekeur om samewerking te versterk…
31 Jul 11AM 1 min

Digitale transformasie kry nog 'n inspuiting

Die Namibiese Kamer van Koophandel en Nywerheid en Cran het kragte saamgesnoer om die land se digitale transformasie te versnel. Die twee instellings het 'n memorandum van verstandhouding onderteken om samewerking in kuberveiligheid, digitale handel, beleidshervorming en die ontwikkeling van digitale vaardighede te versterk. Dit is 'n poging om ekonomiese…
31 Jul 10AM 1 min

Meatco bly winsgewend, laer inkomste ten spyt

Meatco het winsgewend gebly ten spyte van 'n daling van 53 persent in abattoir deurset wat veroorsaak is deur droogte en die herbou van kuddes. Kingsley Kwenani, adjunk uitvoerende direkteur van die landbouministerie, het vanoggend tydens Meatco se jaarvergadering gesê dat verwerkte bees van 75 268 in die vorige finansiële…
31 Jul 10AM 1 min

Al wat seker is oor brandstofpryse, 'is onsekerheid'

Reaksie word ontvang op vanmiddag se aankondiging dat al die brandstofpryse met 2 Namibiese dollar sal styg vanaf 5 Augustus. Kosmos 94.1 Nuus het met Kara van den Heever, 'n beleggingsontleder by Momentum gesels, wat sê totdat die situasie rondom die Straat van Hormuz weer normaal is, sal onsekerhede voortduur…
31 Jul 10AM 1 min