Die DA gaan self ondersoek instel na beweerde luukse verblyf, dubbele besprekings en buitensporige reisuitgawes van die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente se administrasie. Volgens Daily Maverick het die administrateur, Hlengani Mathebula, se verblyf van vier nagte in die Pepperclub Hotel en Spa in Mei belastingbetalers 9 200 Suid-Afrikaanse rand…
Energieminister Modestus Amutse het vanmiddag aangekondig dat brandstofpryse met 2 Namibiese dollar sal styg vanaf 5 Augustus. Die petrolprys in Walvisbaai sal dus 24 dollar en 48 sent per liter wees, diesel 50dpm sal 26 dollar en 26 sent per liter wees, en diesel 10dpm 26 dollar en 36 sent…
Die nasionale direkteur van Openbare Vervolging, Andy Mothibi, sê die gewese hoof van die Ondersoekdirektoraat teen Korrupsie, Andrea Johnson, word steeds strafregtelik ondersoek al het sy onlangs bedank te midde van haar getuienis voor die Madlanga-kommissie. Een van die bewerings is dat sy wederregtelik die inhoud van ʼn aanranding-dossier teen…
Die Namibiese verteenwoordiger by die Pan-Afrikaanse Parlement, Olivia Hanghuwo, het 'n verenigde kontinentale reaksie op xenofobie en die oorsake van migrasie versoek, en Afrika-leiers aangespoor om die waardes van solidariteit en vreedsame naasbestaan te omhels. Hanghuwo het die opmerkings gemaak tydens die debat oor die mosie rakende die toenemende xenofobiese…
Reaksie word steeds ontvang op die Fifa-hoof Gianni Infantino se kommersiële tak van Fifa, die Fifa Forward Enterprise. Die voorsitter van die Britse Sokker Ondersteunersvereniging Tom Greatrex sê Infantino het gedink hy was onaantasbaar omdat hy soveel veranderings aangebring het sonder enige teenstand. Hy het met Sky News gepraat.
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.