Mugabe se seun vas in Jhb na tuinier geskiet is

Loading player...
Die seun van die voormalige Zimbabwiese president Robert Mugabe, Bellarmine Mugabe, is in Johannesburg in hegtenis geneem nadat hy na bewering 'n tuinier by 'n woning in Hydepark geskiet en gewond het. Nog 'n persoon is ook in hegtenis geneem. Die woordvoerder van die polisie, Dimakatso Nevhuhulwi sê die omstandighede rondom die voorval is onduidelik. Nevhuhulwi sê Mugabe Junior het homself na bewering in 'n kamer toegesluit voordat hy hom oorgegee het, en die polisie soek na die wapen wat in die voorval gebruik is:
19 Feb 10PM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Welvaart: Tyd is jou grootste bate

Jongmense word aangemoedig om vroeg te begin spaar om 'n beter finansiële toekoms te verseker. Finansiële kenners sê jong volwassenes het hul grootste voordeel in welvaartbou nie in hoë salarisse nie maar in tyd. Christopher Freygang, welvaartbestuurder by Old Mutual Namibia, sê om leefstylinflasie te vermy, onder jou vermoë te…
3 Mar 11PM 1 min

Naretu skop vas teen Namib Mills

Dit is tans die agtste week van die industriële aksie teen Namib Mills. Die gesprekke met die arbeidsminister het nie oplossings gelewer nie. Uitstaande kwessies sluit in die standaard minimum intreevlak, verhogings in vervoertoelaes en die implementeringsdatum van die salarisverhoging. Lynminister Wise Immanuel het die partye amper vyf weke gelede…
3 Mar 11PM 1 min

Samherji moet 252 werkers uitbetaal - Metcalfe

Die regsfirma Metcalfe Beukes Attorneys het aan die Yslandse vismaatskappy Samherji geskryf en vergoeding geëis vir ongeveer 252 werkers wat in die nasleep van Fishrot afgelê is. Die werknemers, wat ontslaan is nadat Samherji sy Namibiese bedrywighede gestaak het, het skeidingsbetalings van slegs 10 000 Namibiese dollar elk ontvang. Byna…
3 Mar 11PM 1 min

Ormonde ineenstorting is deel van groter boukrisis

Die vakbondfederasie Saftu sê die instorting van die gebou in Ormonde in die suide van Johannesburg weerspieël 'n dieper krisis in die land se bousektor. Agt werkers is Maandag dood toe 'n gedeelte van die gebou wat nog in aanbou was, ingetuimel het. Een persoon word steeds vermis. Woordvoerder Asive…
3 Mar 10PM 1 min

Iran was nie naby aan kernwapen nie - Grossi

Terwyl aanvalle in die Midde-Ooste uitbrei, sê die hoof van die Verenigde Nasies se kernwaghond, Rafael Grossi, Iran was nie naby ontwikkeling van 'n kernwapen nie, wat Amerikaanse president Donald Trump se bewering dat Iran 'n dreigende kernbedreiging inhou weerspreek. Op 'n vraag deur CNN se Becky Anderson of die…
3 Mar 10PM 1 min