Heraanstelling van Epangelo-hoof bevraagteken

Loading player...
Die besluit om Eliphas Hawala se kontrak as uitvoerende hoof van Epangelo Mining Company te verleng, het debat tot gevolg gehad. Na 18 jaar aan die stuur van die staatsbeheerde onderneming, is Hawala 'n verlenging van 12 maande toegestaan, ten spyte daarvan dat hy die verpligte aftree-ouderdom bereik het. Intussen sê lynminister Modestus Amutse dat hy geen mandaat het om mynbou-uitvoerende hoofde aan te stel of te ontslaan nie. Maar die IPC se skadu-myneminister Ferdinand Hengombe bevraagteken dit. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:
20 Feb 3AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Andrea Johnson word strafregtelik ondersoek

Die nasionale direkteur van Openbare Vervolging, Andy Mothibi, sê die gewese hoof van die Ondersoekdirektoraat teen Korrupsie, Andrea Johnson, word steeds strafregtelik ondersoek al het sy onlangs bedank te midde van haar getuienis voor die Madlanga-kommissie. Een van die bewerings is dat sy wederregtelik die inhoud van ʼn aanranding-dossier teen…
31 Jul 8AM 1 min

Namibië vra kontinentale reaksie op xenofobie

Die Namibiese verteenwoordiger by die Pan-Afrikaanse Parlement, Olivia Hanghuwo, het 'n verenigde kontinentale reaksie op xenofobie en die oorsake van migrasie versoek, en Afrika-leiers aangespoor om die waardes van solidariteit en vreedsame naasbestaan te omhels. Hanghuwo het die opmerkings gemaak tydens die debat oor die mosie rakende die toenemende xenofobiese…
31 Jul 8AM 1 min

Infantino dink hy is onaantasbaar

Reaksie word steeds ontvang op die Fifa-hoof Gianni Infantino se kommersiële tak van Fifa, die Fifa Forward Enterprise. Die voorsitter van die Britse Sokker Ondersteunersvereniging Tom Greatrex sê Infantino het gedink hy was onaantasbaar omdat hy soveel veranderings aangebring het sonder enige teenstand. Hy het met Sky News gepraat.
31 Jul 6AM 1 min

Mothibi begin herstelprojek by IDAC

Die nasionale direkteur van Openbare Vervolgings, Andy Mothibi, wil die Ondersoekdirektoraat Teen Korrupsie binne die volgende ses maande omkeer. Dit volg na onthullings by die Madlanga-kommissie dat die gewese IDAC-hoof, Andrea Johnson, ʼn reeks ondersoeke teen beamptes van Misdaadintelligensie en die taakspan oor politieke moorde sonder behoorlike meriete goedgekeur het…
31 Jul 6AM 1 min

Moenie vir jou versekeraar lieg nie

Versekeringskliënte word aangemoedig om akkurate en volledige inligting te verskaf wanneer hulle dekking uitneem, met Old Mutual Namibia wat waarsku dat versuim om dit te doen, kan lei tot verminderde of verwerpte eise. Francois Smith, die maatskappy se nasionale verkoopbestuurder, sê eerlikheid is noodsaaklik om billike premies te verseker, polishouers…
31 Jul 6AM 1 min