Die konflik in die Midde-Ooste is besig om uit te brei en kan in 'n streeksoorlog verander, volgens verskeie internasionale ontleders. Dit kom na Amerika en Saoedi-Arabië saam Iran-gesteunde milisies in Irak aangeval het, nadat twee dae se hommeltuigaanvalle uit Irak ru-olie fasiliteite in Saoedi-Arabië geteiken het. Iran het ook…
'n Advokaat van die Ondersoekdirektoraat teen Korrupsie, Druishanta Ramsamy, het aan die Madlanga-kommissie gesê swak interne beheer maak dit maklik om strafsaak-dossiere te manipuleer. Sy beweer die voormalige hoof, Andrea Johnson, en hoof-ondersoeker Dylan Perumal het die stelsel gemanipuleer. Ramsamy sê vervolgings-geleide ondersoeke kan hoogs doeltreffend wees, maar slegs as…
Die minister in die Presidensie, Khumbudzo Ntshavheni, sê die kabinet neem kennis van berigte dat sommige wit Suid-Afrikaners wat na Amerika verhuis het op grond van 'n sogenaamde wit volksmoord, se visums na bewering geweier is. Die kabinet herbevestig alle Suid-Afrikaners, ongeag hul politieke oortuigings, is welkom in die land…
Arbeidsminister Wise Immanuel het vertroue uitgespreek in Afrika-besluitnemers om 'n progressiewe raamwerk vir die arbeidsmark te ontwikkel. Hy het gepraat by die ministeriële vergadering vir die Sesde Gewone Sessie van die Afrika-Unie se Gespesialiseerde Tegniese Komitee oor Maatskaplike Ontwikkeling, Arbeid en Indiensneming wat tans in Windhoek aan die gang is.
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.