Ondersoek na Epstein is onpartydig - Comer

Loading player...
Amerika se gewese minister van Buitelandse Sake, Hillary Clinton, sê sy het geen inligting oor die seksoortreder, wyle Jeffrey Epstein, se misdade nie en kan nie onthou dat sy hom ooit ontmoet of met hom gepraat het nie. Sy het gister agter geslote deure voor die Huis se oorsigkomitee getuig. Clinton sê in haar openingsverklaring Epstein was ’n veragtelike persoon. Sy beskryf sy misdade as ’n wêreldwye gruwel wat ’n ondenkbare menslike tol geëis het. Die komiteevoorsitter, James Comer, sê die ondersoek is onpartydig:
27 Feb 3AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Nored-staking is verby

Die Nored-staking het tot 'n einde gekom met die partye wat tot 'n ooreenkoms gekom het na die lynminister Wise Immanuel ingegryp het. Die werkers sal 'n 4 persent verhoging kry sowel as 'n 14de tjek. Dit kom na skole en hospitale in die noorde onder druk gekom het met…
3 Mar 2AM 1 min

Onwaarskynlik dat Iran se regime sal verander

Israel het dit duidelik gemaak dat een sy doelstellings met die aanvalle saam met Amerika op Iran is om regime-verandering teweeg te bring. 'n Voormalige hoof van die Britse geheime intelligensiediens MI6, Sir John Sawers, sê dit is onwaarskynlik dat dit sal gebeur. Sawers het met Sky News gepraat.
3 Mar 2AM 1 min

Tipe toeris wat Namibië besoek het verander

Namibië maak baie staat op toerisme, veral in verband met werkskepping en bewaring. Groepoperateurs was altyd ‘n uiters belangrike aspek van veral internasionale besoekers maar, dit begin verander met individuele en onafhanklike reis wat al hoe meer gewild raak. Die Namibiese Toerismeraad se woordvoerder Flora Quest het met Kosmos 94.1…
3 Mar 2AM 1 min

Weermag se mandaat in Wes-Kaap moet uiteengesit word

Die DA sê die ontplooiing van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag in die Wes-Kaap moet met duidelike operasionele mandate ingestel word. Dit volg na die inhegtenisneming van 'n soldaat in Ravensmead op die Kaapse Vlakte, by wie se huis vuurwapens, ammunisie en plofstof gevind is. Terwyl die party die stryd teen…
3 Mar 2AM 1 min

Cran sê oor kuberveiligheid vir besighede

Organisasies staar 'n skerp toename in kuberbedreigings in die gesig namate hul groeiende digitale voetspore meer geleenthede vir aanvalle skep. Die Namibiese Kuberveiligheidsvoorvalreaksiespan sê die kritieke eerste verdedigingslinie is om die eksterne aanvalsoppervlak te verstaan en voortdurend te monitor, soos die webtoepassings, wolkdienste, derdeparty-verbindings en blootgestelde geloofsbriewe wat op die…
3 Mar 1AM 1 min