Ministerie sê oor olieprys, moontlike tekorte

Loading player...
Die oorlog in die Midde-Ooste het oliemarkte deurmekaar met lande soos Botswana wat Vrydag afgekondig het dat hy net nege-dae van olie oor het vir die land. Die Straat van Hormuz is gesluit wat die vervoerketting van ru-olie erg ontwrig. Kosmos 94.1 Nuus het met die senior petroleum ekonoom, by die lynministerie, Abednego Ekandjo, gepraat. Hy verduidelik dat Namibië maatreëls in plek het om die prysverhoging vir olie te versag vir gebruikers en hy sê gebeurlikheidsplanne is in plek.
9 Mar 6AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Gesondheid se moratorium op studies skerp gekritiseer

Die IPC spreek kommer uit oor die gesondheidsministerie se besluit om 'n moratorium op studieverlof en verdere opleiding vir ingeskrewe verpleegkundiges in te stel. Die riglyn, wat op 16 Maart uitgereik is, is bedoel om personeeltekorte aan te pak wat verband hou met verpleegkundiges wat met studieverlof weg is terwyl…
28 Apr 11AM 1 min

Boesak kap korrupsie in staatsdiens

Die anti-apartheidsaktivis, Allan Boesak, sê misdaad, armoede, korrupsie en ongelykheid benadeel steeds baie Suid-Afrikaners. Hy het tydens die bekendstelling van die "Nuwe Vryheidsveldtog" in die St George-katedraal in Kaapstad, die groeiende gaping tussen ryk en arm uitgelig en dit 'n morele krisis genoem. Boesak kritiseer beweerde korrupsie onder openbare amptenare…
28 Apr 11AM 1 min

Napso Privaatskole sportnaweek skop môre af

Die Securitas Napso Privaatskole sportnaweek gaan van môre tot 2 Mei in Swakopmund plaasvind. Pro-Ed is die gasheer vir vanjaar se byeenkoms en het maande lank gewerk om die sportgronde reg te kry vir die naweek. Kosmos 94.1 Nuus het met Johan Fourie, die uitvoerende hoof van Napso gepraat.
28 Apr 10AM 1 min