Kaapse owerhede reik 65 000 boetes in een week uit

Loading player...
Kaapstad se wetstoepassingsagentskappe het hul hoogste weeklikse arrestasies tot dusver vanjaar aangeteken. Altesaam 446 mense is in hegtenis geneem en meer as 65 000 boetes uitgereik. Wetstoepassingsbeamptes het op 'n AK-47 in Gugulethu beslag gelê, terwyl metropolisie op vyf vuurwapens, dwelms en ammunisie beslag gelê het. Die Burgemeesterskomiteelid vir Veiligheid en Sekuriteit, JP Smith, sê die toename in arrestasies beklemtoon voortdurende kommer oor vuurwapens wat op straat kom:
10 Mar 2AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Landbou, bosbou, visserye verloor 47,3% van sy werksgeleenthede

Nuwe data toon dat die landbou-, bosbou- en visserysektor 47,2 persent van sy werksgeleenthede tussen 2018 en 2023 verloor het, wat nuwe kommer oor lewensonderhoud laat ontstaan. Robert McGregor van Cirrus Capital het by die Okabra Boeredag gesê die verliese kom te midde van reeds hoë werkloosheid. Hy waarsku dat…
29 Apr 12AM 1 min

Ampsdraers se verhoogde voordele... wat van Jan Alleman?

Reaksie word ontvang op die goedkeuring van nuwe salarisse en voordele vir ministers, goewerneurs en parlementslede sowel as senior staatsamptenare. Die pakket sluit staatsgedekte water en elektrisiteit, amptelike vervoer en behuisingstoelaes in vir senior regeringsamptenare, van die eerste minister tot spesiale adviseurs. Bestuurskenner Marius Kudumo sê daar kan nie net…
29 Apr 12AM 1 min

Landbou sê daar is nie 'n BKS-uitbreking nie

Die landbouministerie het op aanlyn-gerugte reageer en dit duidelik gestel dat daar geen bek-en-klouseer gevalle in die land is nie, en dat daar dus nie so 'n uitbreking bestaan nie. Dit volg op verwarring onder die publiek nadat Windhoek Gimnasium 'n geval van hand, voet, en mond-siekte in een van…
28 Apr 11PM 1 min

Trump skerts oor sy ma se voorliefde vir Charles

Brittanje se Koning Charles en Amerikaanse president Donald Trump het Dinsdag in die Oval Office ontmoet nadat die koninklikes op die tweede dag van hul Amerikaanse staatsbesoek by die Withuis aangekom het. Trump en presidentsvrou Melania Trump het die monarg en koningin Camilla by 'n seremonie vol prag en praal…
28 Apr 11PM 1 min