GNU verbind hom tot SME-ondersteuning

Loading player...
Die minister van Kleinsakeontwikkeling, Stella Ndabeni, sê die regering is daartoe verbind om ʼn omgewing te skep wat kleinsakeondernemings toelaat om te gedy. Die 14de jaarlikse “Trots Suid-Afrikaans Koop Plaaslik”-beraad is die afgelope twee dae in Sandton, Johannesburg, gehou. Ndabeni sê Suid-Afrika is ʼn nasie met skeppingsvermoë, veerkragtigheid en ondernemingsgees. Sy sê die regering is besig om die sake-omgewing vir kleinsakeondernemings te verbeter:
18 Mar 6AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Fauci weier om vrae oor Covid-oorsprong te beantwoord

Die voormalige direkteur van Amerika se Nasionale Instituut vir Allergie en Aansteeklike Siektes, Anthony Fauci, het geweier om vrae te beantwoord tydens 'n Senaatverhoor oor die oorsprong van die Covid-19-pandemie. Hy het gesê hy vrees dat senator Rand Paul sal probeer om sy getuienis te gebruik om hom vir meineed…
29 Jul 11PM 1 min

Sleutelfiguur in rybewysbedrogskema in Vrystaat gearresteer

'n Vermeende sleutelfiguur verbind met 'n multimiljoen Suid-Afrikaanse rand voertuig-rybewysbedrogsindikaat is in Parys in die Vrystaat in hegtenis geneem. Die inhegtenisneming volg op 'n gesamentlike operasie tussen die Padverkeersbestuurskorporasie, die Valke en die Suid-Afrikaanse Polisiediens. Die woordvoerder Simon Zwane sê ondersoekbeamptes het die verdagte se huis deursoek en bevind hy…
29 Jul 11PM 1 min

ActionSA woedend omdat Gayton nie Atletiek SA betaal nie

Atletiek: ActionSA is woedend nadat Atletiek Suid-Afrika se visepresident, John Mathane, die minister van Sport, Kuns en Kultuur, Gayton McKenzie, daarvan beskuldig het dat sy departement nie die toelaes betaal het wat aan die liggaam verskuldig is nie. ActionSA se woordvoerder, Dereleen James, sê die toelaes moes reeds teen die…
29 Jul 11AM 1 min

TLU SA steun Graan SA teen sojaboon-liggingsaanpassing

Die landbou-organisasie TLU SA steun Graan SA se teenkanting teen die voorgestelde sojaboon-liggingsaanpassing en waarsku dit kan boere se inkomste onregverdig verminder. Dit is 'n prysaanpassing wat verband hou met waar gewasse ontstaan en die afstand na afleweringspunte. Die organisasie se woordvoerder, Bennie van Zyl, sê produsente moenie bykomende finansiële…
29 Jul 11AM 1 min