Oorlog in Midde-Ooste sal wesenlike impak op landbou hê

Loading player...
Die OVK, of Oos-Vrystaat Kaap Bedryf Beperk in Suid-Afrika, het ’n verhoging in dieselpryse aangekondig wat om middernag op 17 Maart in werking getree het. Die maatskappy sê stygende vraag en volgehoue voorsieningsdruk het dit onmoontlik gemaak om huidige pryse te handhaaf. OVK waarsku ook dat sekere takke moontlik sonder petrol kan wees, aangesien aankooppryse nou hoër is as die gereguleerde verkoopprys. Kosmos 94.1 Nuus het met Stefan Oberholzer, besturende direkteur van die OVK groep gepraat wat voorspel brandstofpryse sal 'n wesenlike impak op landbou hê.
19 Mar 3AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

ActionSA woedend omdat Gayton nie Atletiek SA betaal nie

Atletiek: ActionSA is woedend nadat Atletiek Suid-Afrika se visepresident, John Mathane, die minister van Sport, Kuns en Kultuur, Gayton McKenzie, daarvan beskuldig het dat sy departement nie die toelaes betaal het wat aan die liggaam verskuldig is nie. ActionSA se woordvoerder, Dereleen James, sê die toelaes moes reeds teen die…
29 Jul 11AM 1 min

TLU SA steun Graan SA teen sojaboon-liggingsaanpassing

Die landbou-organisasie TLU SA steun Graan SA se teenkanting teen die voorgestelde sojaboon-liggingsaanpassing en waarsku dit kan boere se inkomste onregverdig verminder. Dit is 'n prysaanpassing wat verband hou met waar gewasse ontstaan en die afstand na afleweringspunte. Die organisasie se woordvoerder, Bennie van Zyl, sê produsente moenie bykomende finansiële…
29 Jul 11AM 1 min

SME's moet ruimtewetenskap-wetsontwerp konsultasies bywoon

Die onderwysministerie herinner die publiek daaraan dat die oorblywende streekskonsultasies oor die voorgestelde Wetsontwerp op Ruimtewetenskap en -tegnologie voortduur. Die volgende konsultasie sal op 12 Augustus in die Khomas-streek gehou word, met die regering wat openbare insette insamel om die wetlike raamwerk vir ruimtewetenskap en -tegnologie te help vorm. Kosmos…
29 Jul 10AM 1 min

Bibi skepties oor enige Iran-ooreenkoms

Israel se eerste minister, Benjamin Netanyahu, bly skepties oor enige moontlike ooreenkoms met Iran. Die ooreenkoms van verstandhouding vir 60-dae wat Iran en Amerika verlede maand onderteken het en die heropening van die Straat van Hormuz insluit, het binne weke in duie gestort toe die twee lande aanvalle hervat het…
29 Jul 10AM 1 min