Ou en nuwe politieke leiers 'wil nie hê De Kock moet praat'

Loading player...
Die GOOD-party sê die omstrede apartheidsera-polisieman, Eugene de Kock, het inligting wat nie die ou of nuwe orde se politieke leiers wil hê Suid-Afrikaners moet weet nie. De Kock wat voor die ondersoek na die Cradock-vier se moorde in 1985 verskyn, het erken hy het onder die apartheidsregering sogenaamde terroriste vir die Veiligheidspolisie gejag. GOOD se sekretaris-generaal, Brett Herron, sê De Kock sal nie baie van die ANC se geheime weet nie, maar hy weet van baie sake wat die NVG huiwer om te vervolg:
24 Mar 8AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

ActionSA woedend omdat Gayton nie Atletiek SA betaal nie

Atletiek: ActionSA is woedend nadat Atletiek Suid-Afrika se visepresident, John Mathane, die minister van Sport, Kuns en Kultuur, Gayton McKenzie, daarvan beskuldig het dat sy departement nie die toelaes betaal het wat aan die liggaam verskuldig is nie. ActionSA se woordvoerder, Dereleen James, sê die toelaes moes reeds teen die…
29 Jul 11AM 1 min

TLU SA steun Graan SA teen sojaboon-liggingsaanpassing

Die landbou-organisasie TLU SA steun Graan SA se teenkanting teen die voorgestelde sojaboon-liggingsaanpassing en waarsku dit kan boere se inkomste onregverdig verminder. Dit is 'n prysaanpassing wat verband hou met waar gewasse ontstaan en die afstand na afleweringspunte. Die organisasie se woordvoerder, Bennie van Zyl, sê produsente moenie bykomende finansiële…
29 Jul 11AM 1 min

SME's moet ruimtewetenskap-wetsontwerp konsultasies bywoon

Die onderwysministerie herinner die publiek daaraan dat die oorblywende streekskonsultasies oor die voorgestelde Wetsontwerp op Ruimtewetenskap en -tegnologie voortduur. Die volgende konsultasie sal op 12 Augustus in die Khomas-streek gehou word, met die regering wat openbare insette insamel om die wetlike raamwerk vir ruimtewetenskap en -tegnologie te help vorm. Kosmos…
29 Jul 10AM 1 min

Bibi skepties oor enige Iran-ooreenkoms

Israel se eerste minister, Benjamin Netanyahu, bly skepties oor enige moontlike ooreenkoms met Iran. Die ooreenkoms van verstandhouding vir 60-dae wat Iran en Amerika verlede maand onderteken het en die heropening van die Straat van Hormuz insluit, het binne weke in duie gestort toe die twee lande aanvalle hervat het…
29 Jul 10AM 1 min