Tjivikua vol planne vir padnetwerk

Loading player...
Die nuut aangestelde uitvoerende hoof van die Padowerheid, Hippy Tjivikua, sê Namibië se padnetwerk moet met die toekoms in gedagte gebou word, aangesien hy oorneem wat hy beskryf as 'n verouderende en duur infrastruktuurstelsel. Tjivikua het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat sê padbeplanning kan nie net op huidige behoeftes fokus nie, en wys na projekte soos die Westelike Verbypad as voorbeelde van infrastruktuur wat ontwerp is vir toekomstige verkeersgroei.
28 Mar 4AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Britse tronke: Kemi sê sy kan niks aan die verlede doen nie

Daar is 'n krisis in Britse tronke wat oorvol is. Met die onlangse bevriesing van vroeë vrylating deur Arbiedspremier Andy Burnham word daar voorspel dat alle gevangenisse teen November vol sal wees. Dit word gesien as 'n mislukking van die Tories wat 14 jaar aan bewind was en duisende nuwe…
29 Jul 6AM 1 min

Waterkrisis in SA - probleem lê by aanspreeklikheid

AfriForum sê die pas-vrygestelde Nasionale Water-aksieplan bevestig dat Suid-Afrika se waterkrisis veroorsaak word deur mislukte munisipaliteite, verwaarloosde infrastruktuur, swak finansies en ʼn gebrek aan aanspreeklikheid. Die plan stel omvattende hervormings voor. Munisipaliteite verloor byna die helfte van die water wat deur hul stelsels gepomp word. Lambert de Klerk van AfriForum…
29 Jul 6AM 1 min

Kankervereniging kan nou staatspasiënte palliatief bystaan

Die Kankervereniging van Namibië sê hulle het volhoubare befondsing verseker om staatskankerpasiënte toe te laat wat andersins nie toegang tot private palliatiewe en hospice-sorg sou hê nie, omdat hulle nie mediese fondse of gesondheidsversekering het nie. Die vereniging se uitvoerende hoof, Rolf Hansen, sê die Huis Zietsman-sorgfasiliteit in Windhoek en…
29 Jul 6AM 1 min

Byna volle Bokgroep fiks en beskikbaar vir Los Pumas

Springbok-afrigter Rassie Erasmus sê byna die volle groep is fiks en beskikbaar vir die eenmalige toets teen Argentinië volgende naweek in Buenos Aires. Ox Nché en Franco Mostert is nie deel van die span vir Suid-Amerika nie, maar spelers soos kaptein Siya Kolisi, Eben Etzebeth, Lood de Jager en Sacha…
29 Jul 6AM 1 min

Eiendomsmark: Verhuurders wen op die oomblik

Hoër leenkoste, swakker verbruikersvertroue en trae ekonomiese toestande beïnvloed die vraag na huise en sal na verwagting die huismark verder demp, volgens ontleders. Dit sal heel waarskynlik reeds hoë huurkoste verder laat styg. Eiendomsagent Hillie Streck van Rightmove Properties vertel aan Kosmos 94.1 Nuus dat die situasie op die grond…
29 Jul 6AM 1 min