Kenner sê oor jou data en Starlink

Loading player...
Starlink gaan teen Cran se besluit om nie sy werksaamhede in die land goed te keur nie, apelleer. Die publiek kan ook op Starlink se webtuiste direk aan Cran appelleer. Nrupesh Soni, uitvoerende hoof van facilit8, het in 'n onlangse onderhoud op The Agenda die kwessie van inwoners se inligting wat in die hande van internasionale maatskappye kan beland aangeroer. Die gasheer, Toivo Ndjebela, wou weet wat die verskil is tussen Starlink wat gebruikers se inligting sal hê, en MTC en Telecom wat ook internasionale diensverskaffers se infrastruktuur gebruik.
1 Apr 2AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Bibi sê hy en Trump het dieselfde doelwitte

Israel se eerste minister, Benjamin Netanyahu, beskryf sy ontmoeting met president Donald Trump van Amerika as “een van die beste gesprekke” wat hulle nog gehad het. Die twee leiers het agter geslote deure by die Withuis vergader, die eerste keer sedert die gesamentlike oorlog teen Iran begin het. Die Withuis…
29 Jul 2AM 1 min

Groot beloftes van die ANC, veral oor lewenskostes

Die sekretaris-generaal van die ANC, Fikile Mbalula sê die party se hoogste prioriteit is om die stygende lewenskoste aan te pak. Mbalula het die regering versoek om brandstofheffingverligting te oorweeg om vervoer- en voedselkoste te verminder, aangesien wêreldwye konflikte olie- en kunsmispryse laat styg. Hy het die regering ook aangespoor…
29 Jul 2AM 1 min

ActionSA vra strenger wette oor die deursigtigheid van steunwerwing

ActionSA het planne aangekondig om 'n wetsontwerp op deursigtigheid van steunwerwing deur privaat lede in te stel om professionele voorspraak te reguleer en deursigtigheid in regeringsbesluitneming te verbeter. Die woordvoerder van die party, Lerato Ngobeni sê die voorgestelde wetgewing sal 'n openbare register van voorspraakmakers vestig, openbaarmaking van verbintenisse met…
29 Jul 1AM 1 min

Verbod op kraguitvoere duur voort

Die Elektrisiteitsbeheerraad het die hernuwing van 'n moratorium op die uitreiking van nuwe elektrisiteitsopwekkingslisensies vir uitvoerprojekte aangekondig. Die verbod, wat tot Januarie 2029 van krag is, is daarop gemik om die land se elektrisiteitsektor te beskerm, aangesien beperkte oorgrens-transmissiekapasiteit steeds kraguitvoere na die Suider-Afrikaanse Kragpoel beperk. Die Elektrisiteitsbeheerraad se woordvoerder,…
29 Jul 1AM 1 min

!Haoseb vorder tot by kwarteindronde

Die Namibiese bokser Philip Mutakela !Haoseb neem deel aan die Mans 55 kg, Bantamgewig/Veergewig-kategorie by die 2026 Statebondspele in Glasgow, Skotland.
29 Jul 1AM 1 min