Meer as 170 burgerlikes is volgens berigte sedert 9 Julie in Oekraïne dood en 1 028 beseer te midde van verskerpte Russiese aanvalle. Minstens 16 431 burgerlikes is in Oekraïne dood sedert Moskou die oorlog in Februarie 2022 begin het. Dit sluit 803 kinders in. Indrika Ratwatte van die Verenigde…
Suid-Afrika en Nigerië het ooreengekom om samewerking ten opsigte van migrasie, misdaad en streeksveiligheid te versterk. Die minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Ronald Lamola, het met die Nigeriese president, Bola Tinubu, vergader tydens 'n diplomatieke sending na Abuja namens president Cyril Ramaphosa. Sy woordvoerder, Chrispin Phiri, sê kommer is…
Jonah Home, 'n skuiling vir kinders in Walvisbaai, doen 'n beroep vir bystand na hulle enigste televisiestel gebreek het en hul kleuters se oggendroetine ontwrig het. Die direkteur Siphokazi Kangowa het met die dagblad New Era gepraat:
Meatco se finansiële syfers, met 'n daling van meer as 730 miljoen Namibiese dollar in inkomste verlede jaar, is in die nuus. En 'n super El Nino word voorspel vir die komende seisoen. Maar droogte is nie altyd slegte nuus vir Meatco nie. Die waarnemende uitvoerende hoof, Albertus Aochamub, sê…
Voor die onlangse daling het Brent-ru-olie met ongeveer 24 persent gestyg sedert Namibië Julie se brandstofprysverlagings aangekondig het. Die skerp styging volg op hernieude spanning tussen die VSA en Iran, en kommer oor verskeping deur die Straat van Hormuz. Intussen het die Amerikaanse dollar ook versterk. Met ekonome verdeeld oor…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.