
Super El Niño: Weerkenner sê baie water moet onder die brug vloei
Loading player...
Voorspellings vir die ontwikkeling van 'n Super El Niño neem toe, met modelle wat dui op 'n 62 persent kans daarvan na Julie vanjaar. Droogtes word in die Suidelike Halfrond deur El Niño-weerpatrone veroorsaak. Kosmos 94.1 Nuus het met weerkenner George van der Merwe gepraat. Hy sê baie water moet nog onder die brug loop.

