Momentum tree na vore as NSSU Rugby-liga borg

Loading player...
Momentum Namibië sal die Namibië Sekondêre Skool Rugby-liga vir die volgende vyf jaar borg. Die vennootskap sal 'n groot hupstoot vir rugbyontwikkeling op grondvlak reg oor die land beteken. Die langtermynverbintenis dui op 'n sterk geloof in die talent, dissipline en passie van die land se opkomende rugbysterre. Kosmos 94.1 Nuus het met Herman Grobler van die Namibië Rugby-unie gepraat wat meer inligting het oor die proewe.
15 Apr 1AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Skenking beklemtoon belangrikheid van privaatsektor samewerking

Die adjunkminister van landbou, Ruthy Masake, het klaskamers en stoorkamers by die Uahekua Herunga Laerskool in die Ruacana-kiesafdeling ingewy. Die fasiliteite was geskenk deur Okalongo Fishing. Masake is aan woord en verduidelik die belangrikheid en samewerking tussen die privaatsektor en die regering.
17 Apr 6AM 1 min

SA skep wetgewing teen besettings, vir uitsettings

Die minister van Menslike Nedersettings, Thembi Simelane, sê die toename in onwettige besettings van grond en geboue in die land plaas ʼn aansienlike finansiële en administratiewe las op die regering en die privaat sektor. Die regering het die Wysigingswetsontwerp op Voorkoming van Onwettige Uitsetting en Onwettige Grondbesetting vir openbare kommentaar…
17 Apr 6AM 1 min

B2Gold skenk spesiale goudstawe aan SRT

B2Gold het 'n noemenswaardige goud-skenking aan Save the Rhino Trust gemaak, wat gebruik sal word vir unieke goundstawe. Dit gaan ter ondersteuning van die veldwagters en beskerming van swartrenosters, onder die trust. Elzanne McCullonch, besturende direkteur van Venture Media wat die trust se kommunikasie hanteer, gee meer inligting.
17 Apr 6AM 1 min

Ministerie ondersoek moontlike bedrogspul by mediese stoor

Die gesondheidsministerie ondersoek personeel van die Sentrale Mediese Stoor te midde van bewerings wat verband hou met die manipulasie van voorraaddata, diefstal en die afleiding van farmaseutiese voorrade binne die nasionale voorsieningsketting. Daar word ook beweer dat hierdie optrede gelei het tot die doelbewuste skep van kunsmatige tekorte, skynbaar bedoel…
17 Apr 6AM 1 min

Ngungula is net goedkoop omdat dit vir Angolese gesubsidieer is

Volgens 'n verslag deur die Internasionale Energie-agentskap veroorsaak die oorlog in die Midde-Ooste die grootste ontwrigting in voorsiening in die geskiedenis van die globale oliemark. Die ontwrigting van olie- en gasvloei deur die Straat van Hormuz het groot implikasies vir energiesekerheid en bekostigbaarheid. Namibiërs wil weet waarom ons nie Angolese…
17 Apr 6AM 1 min