Israel en Libanon praat weer vandag

Loading player...
Israel en Libanon het ooreengekom om regstreekse onderhandelinge voort te sit. Die twee lande het Dinsdag hulle eerste diplomatieke gesprekke in meer as drie dekades gevoer na bemiddeling deur Amerika se minister van Buitelandse Sake, Marco Rubio, in ʼn poging om gevegte tussen Israel en die Iran-ondersteunde Hisbolla-groep te beëindig. Meer as 2 000 mense is dood sedert Israel op 2 Maart met militêre optrede in Libanon begin het. Israel se ambassadeur in Amerika, Yechiel Leiter, sê Israel en Libanon is op dieselfde bladsy:
15 Apr 3AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Skenking beklemtoon belangrikheid van privaatsektor samewerking

Die adjunkminister van landbou, Ruthy Masake, het klaskamers en stoorkamers by die Uahekua Herunga Laerskool in die Ruacana-kiesafdeling ingewy. Die fasiliteite was geskenk deur Okalongo Fishing. Masake is aan woord en verduidelik die belangrikheid en samewerking tussen die privaatsektor en die regering.
17 Apr 6AM 1 min

SA skep wetgewing teen besettings, vir uitsettings

Die minister van Menslike Nedersettings, Thembi Simelane, sê die toename in onwettige besettings van grond en geboue in die land plaas ʼn aansienlike finansiële en administratiewe las op die regering en die privaat sektor. Die regering het die Wysigingswetsontwerp op Voorkoming van Onwettige Uitsetting en Onwettige Grondbesetting vir openbare kommentaar…
17 Apr 6AM 1 min

B2Gold skenk spesiale goudstawe aan SRT

B2Gold het 'n noemenswaardige goud-skenking aan Save the Rhino Trust gemaak, wat gebruik sal word vir unieke goundstawe. Dit gaan ter ondersteuning van die veldwagters en beskerming van swartrenosters, onder die trust. Elzanne McCullonch, besturende direkteur van Venture Media wat die trust se kommunikasie hanteer, gee meer inligting.
17 Apr 6AM 1 min

Ministerie ondersoek moontlike bedrogspul by mediese stoor

Die gesondheidsministerie ondersoek personeel van die Sentrale Mediese Stoor te midde van bewerings wat verband hou met die manipulasie van voorraaddata, diefstal en die afleiding van farmaseutiese voorrade binne die nasionale voorsieningsketting. Daar word ook beweer dat hierdie optrede gelei het tot die doelbewuste skep van kunsmatige tekorte, skynbaar bedoel…
17 Apr 6AM 1 min

Ngungula is net goedkoop omdat dit vir Angolese gesubsidieer is

Volgens 'n verslag deur die Internasionale Energie-agentskap veroorsaak die oorlog in die Midde-Ooste die grootste ontwrigting in voorsiening in die geskiedenis van die globale oliemark. Die ontwrigting van olie- en gasvloei deur die Straat van Hormuz het groot implikasies vir energiesekerheid en bekostigbaarheid. Namibiërs wil weet waarom ons nie Angolese…
17 Apr 6AM 1 min