Trump soek 'omvattende ooreenkoms met Iran'

Loading player...
Die Amerikaanse visepresident, JD Vance, het die belangrikheid beklemtoon van die handhawing van die wapenstilstand tussen sy land en Iran, en beskryf dit as die sleutel om verdere toename in vyandighede te voorkom. Die tweede ronde vredesgesprekke sal na verwagting binnekort in Islamabad, Pakistan, begin terwyl die wapenstilstand volgende Woensdag eindig. Vance het in Georgië gesê president Donald Trump wil nie 'n klein ooreenkoms hê nie, maar 'n omvattende een:
15 Apr 9AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Arbeidskommissaris werk hard om agterstand in te haal

Die Kantoor van die Arbeidskommissaris het 'n loodsinisiatief van stapel gestuur om dienslewering te verbeter deur die oplossing van arbeidsgeskille te stroomlyn, met die fokus op versoening en arbitrasie. Die program kom terwyl die kantoor 'n beduidende agterstand in die gesig staar, waarvan sommige sake meer as drie jaar hangende…
17 Apr 4AM 1 min

EFF is boos vir AfriForum

AfriForum sê die vonnisoplegging van EFF-leier Julius Malema wys niemand is bo die wet verhewe nie. Dit volg na die Oos-Londense Landdroshof in die Oos-Kaap Malema tot vyf jaar tronkstraf gevonnis het vir vuurwapenverwante aanklagte. Jacques Broodryk van AfriForum sê druk van die burgerlike samelewing het gehelp om die saak…
17 Apr 4AM 1 min

Steenhuisen sê daar is vordering in BKS-bekamping

Die minister van Landbou, John Steenhuisen, sê vroeë data dui aan die huidige massa-inentingsveldtog teen bek-en-klouseer lewer positiewe resultate op. Meer as 2 miljoen stuks vee is ingeënt tussen Februarie en 26 Maart en geen nuwe gevalle is aangemeld onder kuddes wat reeds behandel is nie. Die departement se woordvoerder,…
17 Apr 3AM 1 min

Pete se Pulp Fiction-gebed ontketen chaos

Die herrie is los in die VSA. By die Pentagon se maandelikse gebedsdiens het die verdedigingsminister Pete Hegselth 'n gebed gelees wat ‘groot wraak en woedende woede’ op Iran oproep. Hy het gesê die gebed is ‘CSAR 2517’ genoem, wat staan vir Combat Search And Rescue, en is gebaseer op…
17 Apr 3AM 1 min

Sentraal Hospitaal het lankal privaatsale - Ithindi

Die gesondheidsministerie ontken dat enige hospitaalsale slegs vir BBP's is, te midde van kritiek oor 'n Windhoek Sentraal-hospitaaleenheid wat na bewering vir top-regeringsamptenare gereserveer is. Die uitvoerende direkteur in die ministerie, Penda Ithindi, sê dat privaatsale al lank bestaan vir versekerde en selfbetalende pasiënte, terwyl hervormings onder Visie April 2026…
17 Apr 3AM 1 min