DA verwelkom Meyer se aanstelling in VSA

Loading player...
Die DA sê Roelf Meyer se aanstelling as Suid-Afrika se ambassadeur in Amerika is ʼn goeie keuse, gegewe die behoefte aan ervare diplomasie om die gespanne verhouding tussen die twee lande te herstel. Die 78-jarige ervare onderhandelaar volg Ebrahim Rasool op, wat verlede jaar uit Amerika geskop is. Ryan Smith van die DA sê Meyer se sukses kan en sal slegs gemeet word aan sy vermoë om deur verskeie diplomatieke dooiepunte te breek wat onder die Trump-administrasie in Washington bestaan:
16 Apr 1AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Saftu lewer kritiek oor dwangarbeid-tariewe

Die vakverbond Saftu veroordeel Amerika se jongste besluit om nuwe handelstariewe teen Suid-Afrika en tientalle ander lande in te stel omdat hulle na bewering nie dwangarbeid keer of doeltreffend bekamp nie. Die Amerikaanse Handelsverteenwoordiger het tariewe van 12,5-persent teen Suid-Afrika ingestel. Volgens Saftu-woordvoerder Asive Dyani het die land herhaaldelik bewys…
28 Jul 4AM 1 min

Namcol-leerders moet ook gratis onderrig ontvang - AR

Die AR-studentebevel het die regering se besluit gekritiseer om nie leerders wat by die Namibia College of Open Learning, Namcol, of ander instellings inskryf, te subsidieer om hul graad 11- en 12-uitslae te verbeter nie. Hulle voer aan dat dit die grondwetlike reg op onderwys ondermyn. Die interimhoof van die…
28 Jul 4AM 1 min

Internasionale gemeenskap moet ingryp in Wesoewer

Regerings reg oor die wêreld moet meer druk op Israel plaas om op te hou om internasionale reg te ontduik en te verseker dat Palestyne die reg het om met waardigheid te leef. Dit kom na aanvalle en teistering in die besette Wesoewer deur beide die Israelse weermag en setlaars…
28 Jul 3AM 1 min

Humanitêre krisis by Musina, Beitbrug oor teenmigrant-geweld

Dokters Sonder Grense sê die geweld teen migrante het ʼn mediese humanitêre krisis veroorsaak by die Suid-Afrikaanse grenspos-dorpe, Musina en Beitbrug. Meer as 68 000 buitelandse burgers in Suid-Afrika is sedert Junie vir repatriasie of deportasie verwerk. Die organisasie se woordvoerder, Caroline Masunda, sê hulle is bekommerd dat toegang tot…
28 Jul 3AM 1 min

Gauteng se aanlyn-skoolaansoeke open te laat

AfriForum sê Gauteng kan volgende jaar weerens 'n skoolplasingskrisis vir graad een- en graad agtleerders beleef, omdat die aanlyn toelatingstelsel te laat oopmaak. Die organisasie sê meer as 400 000 leerders sal binne 'n kort tydperk geplaas moet word. Carien Bloem van AfriForum sê die laat opening van die aanlynstelsel…
28 Jul 2AM 1 min