AfriForum sê Gauteng kan volgende jaar weerens 'n skoolplasingskrisis vir graad een- en graad agtleerders beleef, omdat die aanlyn toelatingstelsel te laat oopmaak. Die organisasie sê meer as 400 000 leerders sal binne 'n kort tydperk geplaas moet word. Carien Bloem van AfriForum sê die laat opening van die aanlynstelsel…
Windhoek is hierdie week middelpunt van Afrika se maatskaplike en arbeidsbeleidbesprekings, terwyl ministers, regeringsamptenare en vennote van regoor die vasteland bymekaarkom vir 'n driedaagse Afrika-Unie-vergadering oor indiensneming, maatskaplike ontwikkeling en -beskerming. Die uitvoerende direkteur van die arbeidsministerie, Ben Nangombe, sê die gesprekke is daarop gemik om samewerking te versterk en…
President Donald Trump van Amerika sê hy het besluit om voorlopig aanvalle op Iran te staak omdat die lande wat as bemiddelaars optree, weer vir vredesonderhandelings gevra het. Die onderbreking volg na twee weke se volskaalse Amerikaanse aanvalle en wraakaanvalle deur Teheran. Iran ontken dat regstreekse onderhandelings plaasvind. Trump waarsku…
Die voorsitter van die Madlanga-kommissie, Mbuyiseli Madlanga, sê strafregtelike aanklagte sal aanhangig gemaak word nadat die identiteit van 'n beskermde getuie na bewering doelbewus uitgelek is. Madlanga sê die getuie het anoniem in 'n geslote sitting voor die kommissie getuig. Hy sê die kommissie sal regstappe doen teen die persoon…
Die eiendomsontwikkelaar APxHouse en Pieter Mostert Argitekte het 'n eksklusiewe samewerkingsooreenkoms aangegaan vir Woodlands @ Herboths, die lae-digtheid natuurlandgoed net 20-minute oos van Windhoek. Le-Hugo van Rooyen, uitvoerende hoof van APxHouse, vertel aan Kosmos 94.1 Nuus dat die argitektuur eerlike, duursame materiale, 'n ruim binne-buite leefstyl en klimaat-responsiewe ontwerp nastreef.
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.