
NNN haal Time se top-100 lys
Loading player...
Namibië is in die wêreldwye kollig nadat president Netumbo Nandi-Ndaitwah aangewys is op TIME-tydskrif se jaarlikse lys van die 100 Mees Invloedryke Persone vir 2026. Die aankondiging beklemtoon haar reis van bevrydingstrydveteraan tot Namibië se eerste vroulike staatshoof, en haar groeiende impak op die internasionale verhoog as 'n leidende stem vir gelykheid, geregtigheid en inklusiewe ontwikkeling. Kosmos 94.1 Nuus het met presidensiële woordvoerder Jonas Mbambo gepraat:

