Sentraal Hospitaal het lankal privaatsale - Ithindi

Loading player...
Die gesondheidsministerie ontken dat enige hospitaalsale slegs vir BBP's is, te midde van kritiek oor 'n Windhoek Sentraal-hospitaaleenheid wat na bewering vir top-regeringsamptenare gereserveer is. Die uitvoerende direkteur in die ministerie, Penda Ithindi, sê dat privaatsale al lank bestaan vir versekerde en selfbetalende pasiënte, terwyl hervormings onder Visie April 2026 daarop gemik is om gapings in toegang tot openbare gesondheidsorg te oorbrug, nie te verdiep nie.
17 Apr 3AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Gauteng se aanlyn-skoolaansoeke open te laat

AfriForum sê Gauteng kan volgende jaar weerens 'n skoolplasingskrisis vir graad een- en graad agtleerders beleef, omdat die aanlyn toelatingstelsel te laat oopmaak. Die organisasie sê meer as 400 000 leerders sal binne 'n kort tydperk geplaas moet word. Carien Bloem van AfriForum sê die laat opening van die aanlynstelsel…
28 Jul 2AM 1 min

Afrika se arbeid en maatskaplike uitdagings in hoofstad onder die loep

Windhoek is hierdie week middelpunt van Afrika se maatskaplike en arbeidsbeleidbesprekings, terwyl ministers, regeringsamptenare en vennote van regoor die vasteland bymekaarkom vir 'n driedaagse Afrika-Unie-vergadering oor indiensneming, maatskaplike ontwikkeling en -beskerming. Die uitvoerende direkteur van die arbeidsministerie, Ben Nangombe, sê die gesprekke is daarop gemik om samewerking te versterk en…
28 Jul 2AM 1 min

Trump sê nuwe onderhangelinge is versoek

President Donald Trump van Amerika sê hy het besluit om voorlopig aanvalle op Iran te staak omdat die lande wat as bemiddelaars optree, weer vir vredesonderhandelings gevra het. Die onderbreking volg na twee weke se volskaalse Amerikaanse aanvalle en wraakaanvalle deur Teheran. Iran ontken dat regstreekse onderhandelings plaasvind. Trump waarsku…
28 Jul 1AM 1 min

Madlanga-kommissie lê klagtes na identiteit uitgelek is

Die voorsitter van die Madlanga-kommissie, Mbuyiseli Madlanga, sê strafregtelike aanklagte sal aanhangig gemaak word nadat die identiteit van 'n beskermde getuie na bewering doelbewus uitgelek is. Madlanga sê die getuie het anoniem in 'n geslote sitting voor die kommissie getuig. Hy sê die kommissie sal regstappe doen teen die persoon…
28 Jul 1AM 1 min

Groot ontwikkeling by Herboths, net buite hoofstad

Die eiendomsontwikkelaar APxHouse en Pieter Mostert Argitekte het 'n eksklusiewe samewerkingsooreenkoms aangegaan vir Woodlands @ Herboths, die lae-digtheid natuurlandgoed net 20-minute oos van Windhoek. Le-Hugo van Rooyen, uitvoerende hoof van APxHouse, vertel aan Kosmos 94.1 Nuus dat die argitektuur eerlike, duursame materiale, 'n ruim binne-buite leefstyl en klimaat-responsiewe ontwerp nastreef.
28 Jul 1AM 1 min