
Ngungula is net goedkoop omdat dit vir Angolese gesubsidieer is
Loading player...
Volgens 'n verslag deur die Internasionale Energie-agentskap veroorsaak die oorlog in die Midde-Ooste die grootste ontwrigting in voorsiening in die geskiedenis van die globale oliemark. Die ontwrigting van olie- en gasvloei deur die Straat van Hormuz het groot implikasies vir energiesekerheid en bekostigbaarheid. Namibiërs wil weet waarom ons nie Angolese brandstof, of "ngungula" kan gebruik nie. Behalwe vir die hoë swaelinhoud is daar ander kwessies. Hoofekonoom in die energieministerie, Abednego Ekandjo, het aan Kosmos 94.1 Nuus verduidelik.

