SA sal konsep oor ongelykheid by VN voorlê

Loading player...
President Cyril Ramapohsa sê Suid-Afrika het planne aangekondig om 'n mylpaal-konsepresolusie by die Verenigde Nasies ter tafel te lê tydens die hervatting van sy 80ste sitting vanjaar. Ramaphosa het die naweek die sitting oor ekstremisme en ongelykheid by die Inisiatief ter Verdediging van Demokrasie in Barcelona, Spanje, toegespreek. Die president sê die planne sal alternatiewe beleide vir die aanspreek van ongelykheid evalueer om regerings, beleidmakers en die internasionale gemeenskap in te lig:
19 Apr 11PM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Respekteer werkers, sê vakbond

Vandag is Internasionale Werkersdag en in Namibië is daar ‘n saamtrek van werkers op Walvisbaai. Die internasionale tema vir vanjaar se Werkersdag is "Die versekering van 'n gesonde psigososiale werksomgewing". Maar Namibiërs het 'n ander plan en hul eie tema: Kosmos 94.1 Nuus het met die sekretaris-generaal van die Onderwysersunie…
1 May 4AM 1 min

Chinese pomp miljarde dollar in Etango-uraanprojek

Bannerman Energy het ’n finansieringsooreenkoms van meer as 5 miljard Namibiese dollar vir die ontwikkeling van sy Etango-uraanprojek in die Namib met die Chinese staatsbeheerde CNNC Overseas beklink. Hiervolgens gaan die Chinese ‘n belang van 45 persent in Bannerman se Britse filiaal bekom, wat 95 persent van Etango besit. Bannerman…
1 May 4AM 1 min

Brittanje verhoog terreurvlak na 'baie ernstig'

Brittanje het sy terreurbedreigingsvlak van “beduidend” na “baie ernstig” verhoog nadat twee mans Woensdag in Noord-Londen met ‘n mes gesteek is ná ‘n vlaag antisemitiese aanvalle in die Britse hoofstad. Dit is die eerste keer in meer as vier jaar dat die terreurbedreigingsvlak op dié kerf is en beteken ‘n…
1 May 2AM 1 min

'Pasellatyd voor langnaweke kos Namibië miljoene'

Die staatsdiens wat in die gewoonte verval het om ‘n dag voor ‘n langnaweek om 10:00 sy deure te sluit, kos die Namibiese ekonomie miljoene dollar, sê veteraanekonoom, dr. Omu Kakujaha-Matundu. Hy het reageer op eerste minister Elijah Ngurare wat staatsdiensamptenare Donderdag opnuut dié vergunning toegestaan het. Kakujaha-Matundu sê in…
1 May 1AM 1 min

Bedagsaamheid op paaie die wagwoord, sê MVAF

Met die langnaweek in volle swang, het die Motorvoertuigongelukfonds ‘n beroep op bestuurders gedoen om bedagsaam op die land se paaie te wees en versigtigheid aan die dag te lê. Dit volg ná die noodlottige ongeluk Woensdagaand naby Arandis, waarin agt mense dood is toe ‘n minibus ‘n vragmotor getref…
1 May 12AM 1 min