VSA-man skiet 8 kinders dood, 7 sy eie

Loading player...
ʼn Man in Shreveport, Louisiana, het agt kinders, insluitend sewe van eie, doodgeskiet en twee volwassenes gewond. Die kinders was tussen twee- en 14-jaar oud. Owerhede beskryf die skietery wat in drie afsonderlike wonings plaasgevind het, as huishoudelike geweld. Dis die land se dodelikste massaskietvoorval sedert Januarie 2024. ʼn Woordvoerder van die Shreveport-polisie, Chris Bordelon, sê die man wat as Shamar Elkins geïdentifiseer is, is deur die polisie doodgeskiet:
20 Apr 1AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Kritiek oor ad hoc, onderdagte ingrypings deur ministers

Die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing sê Namibië se huidige kabinet tree te dikwels op sonder duidelike strategieë of langtermynplanne. Die instituut se direkteur, Graham Hopwood, het by die Politieke Scenario's tot 2030-geleentheid gewaarsku dat hoewel ingrypende ministers die indruk kan skep dat die regering beslissende stappe doen, daardie intervensies ook…
28 Jul 12AM 1 min

Burnham en Zelensky vergader

Britse eerste minister Andy Burnham en Oekraïnse president Volodymyr Zelensky se ontmoeting Maandag was volgens berigte 'n groot sukses. Burnham het Zelensky van die Verenigde Koninkryk se 100-persent steun verseker, terwyl Zelensky gesê het die twee lande se verhouding is sterker as ooit. Burnham is na die leiers se besoek…
27 Jul 11PM 1 min

Tshwane het kommer oor dronkbestuur

Die Stad Tshwane is bekommerd oor die skerp styging in inhegtenisnemings vir dronkbestuur. Polisie-woordvoerder Puleng Motholo sê meer as 58 motoriste is die naweek aangekeer vir bestuur onder die invloed van alkohol tydens padveiligheidsoperasies in Centurion, Mamelodi, Mabopane, Bronkhorstspruit, Sinoville en Pretoria-Noord. Sy sê dit beklemtoon 'n blatante minagting van…
27 Jul 11PM 1 min

Afrikalande 'moet verbeter om migrasie te verminder'

President Cyril Ramaphosa sê Afrikalande moet meer ekonomiese geleenthede skep, staatsbestuur verbeter en konflik oplos om migrasie aangevuur deur noodsaaklikheid te verminder. Hy het in Midrand, Gauteng, aan die Pan-Afrika-parlement gesê migrasie moet regverdig bestuur word met die beskerming van menswaardigheid en die oppergesag van die reg. Ramaphosa het Afrikalande…
27 Jul 11AM 1 min