
Blokkade van seestraat, dreigende geweld maak markte senuagtig
Loading player...
Ekonome waarsku dat die kombinasie van 'n onbepaalde wapenstilstandverlenging in die Midde-Ooste en voortdurende maritieme konflik 'n wisselvallige omgewing vir globale markte skep. Kosmos 94.1 Nuus het met die Suid-Afrikaanse ekonoom Dawie Klopper gepraat. Hy sê terwyl die diplomatieke pouse aanvanklik verligting vir aandele verskaf het, dryf die volgehoue Amerikaanse vlootblokkade en Iranse skepebeslagleggings markonstabiliteit aan.

