FlyNamibia kap terug

Loading player...
FlyNamibia het reageer op vervoerminister Veikko Nekundi wat beveel het dat vliegkaartjies op die Windhoek-Ondangwa-roete verlaag moet word, en sê pryse word deur vraag en aanbod sowel as stygende bedryfskoste gedryf. Volgens die lugdiens is sowat 67 persent van die koste buite hul beheer, insluitend hoë brandstofpryse weens die monopolie by Eros- en Ondangwa-lughawens. FlyNamibia vra die regering om meer sitplekke op te neem, aangesien hoër aanvraag pryse mettertyd kan verlaag. Die redery het deur Venture Media, wat hul kommunikasie behartig, in 'n verklaring gesê dat hulle ook nie regeringsubsidies kry nie. Elzanne McCulloch, Venture Media se uitvoerende direkteur, het meer.
24 Apr 12AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

SA teken daling in verstekvonnis-aansoeke aan, maar...

Statistieke Suid-Afrika sê die jongste data oor siviele sake vir skuld toon gemengde tendense. Die aantal siviele dagvaardings wat vir skuld uitgereik is, het met 2,5-persent gedaal in die drie maande tot Februarie in vergelyking met dieselfde tydperk verlede jaar. Siviele vonnisse vir skuld het egter met 1,9-persent toegeneem. Vhonani…
24 Apr 1AM 1 min

Chennai behaal grootste oorwinning in IPL teen Mumbai

Die Chennai Super Kings is vyfde op die Indiese Premierliga se punteleer ná ʼn oortuigende oorwinning van 103 lopies oor die Mumbai Indians. Dis hul grootste punteverskil ooit in die kompetisie. Sanju Samson het ʼn onoorwonne 101 van 54 balle behaal en bygedra tot die Super Kings se telling van…
24 Apr 1AM 1 min

Jou werk kan jou doodmaak, ILO sê 840 000 sterf jaarliks

Volgens die Internasionale Arbeidsorganisasie sterf meer as 840 000 mense elke jaar aan gesondheidstoestande wat verband hou met psigososiale risiko's, soos lang werkure, werk onsekerheid en teistering in die werkplek. Arbeidskundige Herbert Jauch beskryf dit as kommerwekkend en waarsku dat werkverwante psigososiale risiko's dikwels lei tot kardiovaskulêre siektes en geestesversteurings,…
24 Apr 12AM 1 min

Blokkade van seestraat, dreigende geweld maak markte senuagtig

Ekonome waarsku dat die kombinasie van 'n onbepaalde wapenstilstandverlenging in die Midde-Ooste en voortdurende maritieme konflik 'n wisselvallige omgewing vir globale markte skep. Kosmos 94.1 Nuus het met die Suid-Afrikaanse ekonoom Dawie Klopper gepraat. Hy sê terwyl die diplomatieke pouse aanvanklik verligting vir aandele verskaf het, dryf die volgehoue Amerikaanse…
24 Apr 12AM 1 min

Creecy begin raadpleging oor spoorinfrastruktuur

Die minister van Vervoer, Barbara Creecy, het openbare raadpleging bekendgestel oor die konsep-nasionale spoorweg-meesterplan om spoorvervoer as die ruggraat van die vervoer- en logistieke stelsel te posisioneer. Dit beoog om meer vrag- en passasiersvervoer na treine te verskuif, verkeersopeenhopings en vervoerkoste te verminder en ekonomiese groei te bevorder. Creecy het…
23 Apr 11PM 1 min