
Vereniging juig oor stappe om hofbeamptes te beskerm
Loading player...
Die Vereniging van Staatsamptenare het die Departement van Justisie en Grondwetlike Ontwikkeling se standpunt verwelkom om stappe te doen om hofbeamptes teen teistering, dreigende gedrag en intimidasie met behulp van kameras te beskerm wanneer hoëprofielpersone in die hof verskyn. Die vereniging veroordeel enige gedrag van politici, openbare figure of lede van die publiek wat hofbeamptes, aanklaers, landdroste, klerke en ondersteunende personeel in die hof in gevaar stel. Claude Naicker van die vereniging sê hofbeamptes is nie politieke akteurs nie:

