
Windhoek se /Ae //Gams Kuns- en Kultuurfees groter as ooit
Loading player...
Die Stad Windhoek berei voor vir die 2026-uitgawe van die /Ae //Gams Kuns- en Kultuurfees op 8 en 9 Mei. Die geleentheid, wat as die grootste kulturele geleentheid op die stad se kalender beskou word, stel Namibië se kulturele erfenis ten toon deur musiek, tradisionele kookkuns, kuns, kunsvlyt en mode. Kosmos 94.1 Nuus het met die woordvoerder van die munisipaliteit, Lydia Amutenya, gepraat wat sê daar is baie om na uit te sien vanjaar.

