
Charles se besoek met VSA-Britse verhoudings hernu
Loading player...
Koning Charles en koningin Camilla se vierdaagse staatsbesoek aan die Verenigde State het Maandag begin toe hulle president Donald Trump en presidentsvrou Melania Trump by die Withuis ontmoet het. Hulle het daarna ʼn tuinpartytjie by die Britse ambassadeur se huis in Washington bygewoon. Koning Charles spreek na verwagting vandag die Kongres toe. Die Britse ambassadeur in Amerika, Christian Turner, het aan CBS News gesê die koning se besoek is ʼn poging om ʼn unieke vriendskap tussen die twee bondgenote te hernu en nuwe lewe te gee:

