Die regering waarsku die publiek om nie ongetoetste inligting in verband met migrasie te vertrou of te deel nie. Hy sê vals berigte kan vrees aanwakker, verdeling skep en vertroue in staatsinstellings ondermyn. Die regering se waarnemende woordvoerder, William Baloyi, sê Suid-Afrika bestuur migrasie deur gevestigde wette, beleide en instellings,…
Rirua Komeheke, lid van die Ovaherero Tradisionele Owerheid, sê die owerheid sal voortgaan met die 1904-1908 volksmoorddebat totdat die regering hul pleidooi aanhoor. Hy beklemtoon die noodsaaklikheid om lede van die betrokke gemeenskappe aan die onderhandelingstafel te hê. Hy het gepraat tydens die Rooivlag-herdenkings in Okahandja.
Na klagtes deur verskeie slagoffer-families het die nuwe Britse premier Andy Burnham die vroeë vrylatingskema vir gevangenes opgeskort as tydelike maatreël. Brittanje sukkel met oorvol gevangenisse en die skema was bedoel om druk te verlig. Die voormalige minister van justisie, sir David Gauke, wat die vroeë vrylatingskema vir gevangenes aanbeveel…
President Cyril Ramaphosa het die versoek van die hoof van die Ondersoekdirektoraat Teen Korrupsie, advokaat Andrea Johnson, aanvaar om met onmiddellike effek uit die amp te tree. Sy het aan die president en Nasionale Direkteur van Openbare Vervolging, Andy Mothibi, geskryf en versoek om met onmiddellike ingang te bedank en…
Die Walvisbaai-DBV ondervind toenemende druk namate stygende lewenskoste en 'n toename in hawelose en oorgegeede diere hul beperkte hulpbronne oorskry. Kosmos 94.1 Nuus het met die organisasie se voorsitter, Lindy Dreyer gepraat wat sê dat die vraag na skuilingdienste die afgelope maande aansienlik toegeneem het. Sy het meer.
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.