Minibus vir 14 passasiers vervoer 34 leerders

Loading player...
Die taakspan van die Tshwane Metropolisiedepartement het 'n minibus op die R-80 Mabopanehoofweg by Theo Martins-poort voorgekeer en daarop beslag gelê weens oorlading en die bedryf van sake sonder 'n permit. Die minibus is gedurende 'n roetinepatrollie voorgekeer. Woordvoerder Puleng Motholo sê daar is vasgestel daar was 34 leerders in die voertuig wat 14 passasiers mag vervoer en die bestuurder het nie die nodige permit vir die werk nie:
30 Apr 8AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Moenie alle migrasie-inligting glo: SA regering

Die regering waarsku die publiek om nie ongetoetste inligting in verband met migrasie te vertrou of te deel nie. Hy sê vals berigte kan vrees aanwakker, verdeling skep en vertroue in staatsinstellings ondermyn. Die regering se waarnemende woordvoerder, William Baloyi, sê Suid-Afrika bestuur migrasie deur gevestigde wette, beleide en instellings,…
27 Jul 8AM 1 min

Ovaherero dring aan op deelname aan volksmoord-onderhandelings

Rirua Komeheke, lid van die Ovaherero Tradisionele Owerheid, sê die owerheid sal voortgaan met die 1904-1908 volksmoorddebat totdat die regering hul pleidooi aanhoor. Hy beklemtoon die noodsaaklikheid om lede van die betrokke gemeenskappe aan die onderhandelingstafel te hê. Hy het gepraat tydens die Rooivlag-herdenkings in Okahandja.
27 Jul 8AM 1 min

Britse tronke sal teen November vol wees

Na klagtes deur verskeie slagoffer-families het die nuwe Britse premier Andy Burnham die vroeë vrylatingskema vir gevangenes opgeskort as tydelike maatreël. Brittanje sukkel met oorvol gevangenisse en die skema was bedoel om druk te verlig. Die voormalige minister van justisie, sir David Gauke, wat die vroeë vrylatingskema vir gevangenes aanbeveel…
27 Jul 6AM 1 min

Ramaphosa aanvaar Johnson se bedanking

President Cyril Ramaphosa het die versoek van die hoof van die Ondersoekdirektoraat Teen Korrupsie, advokaat Andrea Johnson, aanvaar om met onmiddellike effek uit die amp te tree. Sy het aan die president en Nasionale Direkteur van Openbare Vervolging, Andy Mothibi, geskryf en versoek om met onmiddellike ingang te bedank en…
27 Jul 6AM 1 min

Walvis-DBV sukkel met bronne

Die Walvisbaai-DBV ondervind toenemende druk namate stygende lewenskoste en 'n toename in hawelose en oorgegeede diere hul beperkte hulpbronne oorskry. Kosmos 94.1 Nuus het met die organisasie se voorsitter, Lindy Dreyer gepraat wat sê dat die vraag na skuilingdienste die afgelope maande aansienlik toegeneem het. Sy het meer.
27 Jul 6AM 1 min