MTC verbeter konnektiwiteit by Rössing

Loading player...
MTC het vier LTE-netwerktorings by Rössing Uranium bekendgestel om konnektiwiteit by die myn te verbeter. Die projek sal mobiele stem- en hoëspoed-datadienste in sleutelbedryfsgebiede reg oor die myn verskaf. MTC-woordvoerder Erasmus Nekundi het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat die LTE-netwerk koördinering tussen spanne sal ondersteun en vinniger besluitneming op die perseel sal moontlik maak. Hy het meer.
4 May 3AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Walvis-DBV sukkel met bronne

Die Walvisbaai-DBV ondervind toenemende druk namate stygende lewenskoste en 'n toename in hawelose en oorgegeede diere hul beperkte hulpbronne oorskry. Kosmos 94.1 Nuus het met die organisasie se voorsitter, Lindy Dreyer gepraat wat sê dat die vraag na skuilingdienste die afgelope maande aansienlik toegeneem het. Sy het meer.
27 Jul 6AM 1 min

Ontleder lewer fel kritiek teenoor NNN-administrasie

Vrae oor verantwoordbaarheid in die regering het weer opgeduik nadat die IPC owerhede daarvan beskuldig het dat dit amptenare met twyfelagtige rekords herwin pleks om hulle verantwoordelik te hou. Politieke ontleder dr. Henning Melber vertel aan Kosmos 94.1 Nuus dat die uitdagings van regering openheid en beslissende optrede vereis as…
27 Jul 6AM 1 min

Hardap-produsente woeker

Ten spyte van laer as verwagte watervlakke by die Hardapdam, lyk dit of dinge by die besproeiingskema goed verloop. Kosmos 94.1 Nuus het met Dawie De Klerk, die voorsitter van die Hardap Boerevereniging, gesels vir 'n opdatering oor hulle oeste en aanplantings.
27 Jul 6AM 1 min

DA het kommer oor Johnson wat moet vra om te bedank

Die DA sê die hoof van die Ondersoekdirektoraat Teen Korrupsie, Andrea Johnson, se versoek om met onmiddellike ingang te bedank, kom te midde van ernstige vrae wat by die Madlanga-kommissie geopper is. Johnson se getuienis voor die kommissie het verlede week onder die loep gekom. Glynnis Breytenbach van die DA…
27 Jul 5AM 1 min