Ondersteun Namibië Nasionale Internskapprogram, vra MTC

Loading player...
MTC doen 'n beroep op privaat maatskappye en openbare instellings om by die Namibië Nasionale Internskapprogram aan te sluit, wat tersiêre studente betaalde geleenthede bied om werkplekervaring op te doen. MTC-woordvoerder Erasmus Nekundi sê aan Kosmos 94.1 Nuus die maatskappy het vanjaar 2 miljoen Namibiese dollar aan die inisiatief toegewy en moedig meer plaaslike besighede aan om te belê in die ontwikkeling van jong talent en vaardighede.
7 May 11AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Bomme stil in Midde-Ooste, vir nou

Iran sal sy militêre aanvalle opskort mits Amerika sy pouse in lugaanvalle handhaaf, het ’n senior Iranse amptenaar Sondag aan Reuters gesê. Die aankondiging volg nadat president Donald Trump besluit het om ’n twee weke lange bombardementsveldtog te staak, met geen Amerikaanse lugaanvalle wat sedert Vrydag aangemeld is nie. Iran…
26 Jul 11PM 1 min

Arbeidsdepartement misluk in werkerbeskerming - Cosatu

Die vakbond Cosatu sê hy is steeds bekommerd oor die departement van indiensneming en arbeid se vermoë om arbeidswette af te dwing en werkloosheid aan te pak. Cosatu sê miljoene kwesbare werkers worstel steeds met skendings van arbeidsregte. Woordvoerder Matthew Parks sê die beplande werwing van 20 000 kontrak-arbeidsinspekteurs het…
26 Jul 11PM 1 min

Werkers verdien té min, sê vakbond

'n Voorstel deur 'n Stad Windhoek raadslid, Fransina Kahungu, om munisipale werknemers twee keer per maand te betaal in plaas van een keer om hul finansiële bestuur te verbeter, ontlok skerp kritiek. Dit is nadat die 2025 Namibiese Finansiële Insluitingsopname getoon het dat sowat 60 persent van die werkende bevolking…
26 Jul 6AM 1 min

KI teen korrupsie: Makliker gesê as gedaan

Bryan Eiseb, wat vanaf Augustus as die nuwe direkteur-generaal van die Teenkorrupsie Kommissie sal oorneem, sê kunsmatige intelligensie kan 'n potensiële keerpunt in die stryd teen korrupsie wees. Eiseb sê elke korrupte transaksie laat 'n digitale voetspoor agter in tenders, fakture en betalingsrekords, wat KI in staat stel om verdagte…
26 Jul 5AM 1 min