Onderwys: Waar gaan al die geld heen?

Loading player...
Die Nasionale Raad het tydens die voortgesette debat oor die toekenning van 28 miljard Namibiese dollar aan die onderwysministerie gevra vir groter belegging in die sektor. Raadslid Olivia Hanghuwo, wat die Eenhana-kiesafdeling verteenwoordig, sê alhoewel die ministerie die grootste deel van die 2026/27 nasionale begroting ontvang het, die onderwyssektor steeds beduidende uitdagings in die gesig staar, veral in landelike gebiede.
14 May 5AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Grondeisers by Krugerwildtuin baat by nuwe inisiatief

Die minister van bosbou, visserye en die omgewing, Willie Aucamp, het 'n ooreenkoms vir 'n bevoordelingskema met grondeisers onderteken wat aan die Krugerwildtuin gekoppel is, en saamval met die eeuvieringe van die wildtuin. Die inisiatief van sewe grondeisers is gemik op die skepping van werksgeleenthede, sakegeleenthede, vaardigheidsontwikkeling en belegging vir…
31 May 3AM 1 min

Tydelike invoerreëls vir buitelandse voertuie môre in SA van krag

Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens se hoof van Doeane- en Aksyns, Beyers Theron, het herhaal dat alle buitelandse geregistreerde voertuie wat Suid-Afrika binnekom, vanaf môre verklaar moet word vir tydelike invoer. Beyers sê buitelandse voertuigeienaars moet voertuie deur die Reisigersbestuurstelsel verklaar, voor hulle die land binnekom of verlaat. Hy het in gesprek…
31 May 2AM 1 min

Regering tref 'noodreëling' met Vitol om brandstof te verskaf

Die regering het 'n ooreenkoms met Vitol Energy, eienaar van Vivo Energy Namibia, aangegaan om die alleenverskaffer van brandstof in die land van 1 Julie tot die einde van September vanjaar te wees, het energieminister Modestus Amutse Saterdag bevestig. Volgens Amutse is Vitol die enigste maatskappy wat bereid is om…
31 May 1AM 1 min

Jeugontwikkelingfonds trap klei met landbou

Die implementering van die Jeugontwikkelingfonds vorder goed, volgens die finansministerie. Die toekennings sukkel wel in die landbousektor, en die lynministerie se woordvoerder, Jonathan Swartz, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
31 May 12AM 1 min

Swak internet kniehalter toerisme op platteland

Die Gasvryheidsvereniging van Namibië het alarm gemaak dat agteruitgaande internet- en telekommunikasiedienste in landelike gebiede die land se toerismesektor bedreig. Onbetroubare konnektiwiteit verhoed toerismebesighede om aanlyn besprekings te verwerk en laat reisigers in afgeleë gebiede gevaarlik geïsoleerd. In 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus sê die uitvoerende hoof van die…
30 May 6AM 1 min