SA se 'volhoubare verstedeliking' in die soeklig

Loading player...
Die minister van Menslike Nedersettings, Thembi Simelane, sê Suid-Afrika het beduidende vordering gemaak met die bevordering van volhoubare verstedeliking wat in die hoofbepalings van die Grondwet en die Nasionale Ontwikkelingsplan geanker is. Die minister het 'n toespraak op die 13de Wêreldverstedelikingsforum in Baku, Azerbeidjan, gelewer. Simelane sê nieteenstaande die geleenthede wat verstedeliking bied, dra dit ook by tot volgehoue ruimtelike ongelykheid, uitdagings in basiese dienslewering, infrastruktuur-agterstand en oorlaaide munisipale regeringstelsels:
18 May 7AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Werkers verdien té min, sê vakbond

'n Voorstel deur 'n Stad Windhoek raadslid, Fransina Kahungu, om munisipale werknemers twee keer per maand te betaal in plaas van een keer om hul finansiële bestuur te verbeter, ontlok skerp kritiek. Dit is nadat die 2025 Namibiese Finansiële Insluitingsopname getoon het dat sowat 60 persent van die werkende bevolking…
26 Jul 6AM 1 min

KI teen korrupsie: Makliker gesê as gedaan

Bryan Eiseb, wat vanaf Augustus as die nuwe direkteur-generaal van die Teenkorrupsie Kommissie sal oorneem, sê kunsmatige intelligensie kan 'n potensiële keerpunt in die stryd teen korrupsie wees. Eiseb sê elke korrupte transaksie laat 'n digitale voetspoor agter in tenders, fakture en betalingsrekords, wat KI in staat stel om verdagte…
26 Jul 5AM 1 min

AfriForum bied regshulp aan skole oor kragonderbrekings

AfriForum sê hy bied regshulp aan skole wat munisipale kragonderbrekings ervaar. Die organisasie sê 'n uitspraak van die Hooggeregshof in Pretoria wat die Stad Tshwane verhoed om krag na skole af te sny oor onbetaalde munisipale tariewe, word nou deur skole in Johannesburg gebruik wat aan soortgelyke optrede onderwerp word…
26 Jul 4AM 1 min

Gobabis-aktivis eis opskorting van grondtoekenning

'n Gemeenskapsaktivis van Gobabis, Wallace Finnies, het die dorp se munisipaliteit daarvan beskuldig dat hulle munisipale grond onwettig sonder openbare advertensie toegeken het, en beweer dat dit oortredings van die Wet op Plaaslike Owerhede is. In 'n formele klagte gerig aan die munisipaliteit en die stedelike en landelike ontwikkelingsministerie, eis…
26 Jul 3AM 1 min