Hof se uitpraak raak nie Nasionale Gesondheidsversekering nie

Loading player...
Die Departement van Gesondheid sê 'n uitspraak deur die Konstitusionele Hof wat dele van die Nasionale Gesondheidswet ongrondwetlik verklaar, het geen direkte impak op die uitrol van die Nasionale Gesondheidsversekering nie. Die hof het bevind artikels 36 tot 40 van die wet is ongrondwetlik en ongeldig. Foster Mohale van die departement sê die uitspraak hou verband met artikels van die gesondheidswet wat meer as 20 jaar gelede aangeneem maar nooit geïmplementeer is nie:
19 May 4AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Werkers verdien té min, sê vakbond

'n Voorstel deur 'n Stad Windhoek raadslid, Fransina Kahungu, om munisipale werknemers twee keer per maand te betaal in plaas van een keer om hul finansiële bestuur te verbeter, ontlok skerp kritiek. Dit is nadat die 2025 Namibiese Finansiële Insluitingsopname getoon het dat sowat 60 persent van die werkende bevolking…
26 Jul 6AM 1 min

KI teen korrupsie: Makliker gesê as gedaan

Bryan Eiseb, wat vanaf Augustus as die nuwe direkteur-generaal van die Teenkorrupsie Kommissie sal oorneem, sê kunsmatige intelligensie kan 'n potensiële keerpunt in die stryd teen korrupsie wees. Eiseb sê elke korrupte transaksie laat 'n digitale voetspoor agter in tenders, fakture en betalingsrekords, wat KI in staat stel om verdagte…
26 Jul 5AM 1 min

AfriForum bied regshulp aan skole oor kragonderbrekings

AfriForum sê hy bied regshulp aan skole wat munisipale kragonderbrekings ervaar. Die organisasie sê 'n uitspraak van die Hooggeregshof in Pretoria wat die Stad Tshwane verhoed om krag na skole af te sny oor onbetaalde munisipale tariewe, word nou deur skole in Johannesburg gebruik wat aan soortgelyke optrede onderwerp word…
26 Jul 4AM 1 min

Gobabis-aktivis eis opskorting van grondtoekenning

'n Gemeenskapsaktivis van Gobabis, Wallace Finnies, het die dorp se munisipaliteit daarvan beskuldig dat hulle munisipale grond onwettig sonder openbare advertensie toegeken het, en beweer dat dit oortredings van die Wet op Plaaslike Owerhede is. In 'n formele klagte gerig aan die munisipaliteit en die stedelike en landelike ontwikkelingsministerie, eis…
26 Jul 3AM 1 min