AfriForum sê hy bied regshulp aan skole wat munisipale kragonderbrekings ervaar. Die organisasie sê 'n uitspraak van die Hooggeregshof in Pretoria wat die Stad Tshwane verhoed om krag na skole af te sny oor onbetaalde munisipale tariewe, word nou deur skole in Johannesburg gebruik wat aan soortgelyke optrede onderwerp word…
'n Gemeenskapsaktivis van Gobabis, Wallace Finnies, het die dorp se munisipaliteit daarvan beskuldig dat hulle munisipale grond onwettig sonder openbare advertensie toegeken het, en beweer dat dit oortredings van die Wet op Plaaslike Owerhede is. In 'n formele klagte gerig aan die munisipaliteit en die stedelike en landelike ontwikkelingsministerie, eis…
Bafana Bafana se afrigter Hugo Broos het 'n roerende huldeblyk aan wyle Jayden Adams gelewer en sê hy verstaan die pyn van die verlies van 'n seun. Broos het in Stellenbosch, waar Adams ter ruste gelê is, die 25-jarige beskryf as 'n merkwaardige sokkerspeler wat vroeë uitdagings by Mamelodi Sundowns…
Die eienaar van Shamvura-kamp in die noorde van Namibië, Mark Paxton, het die Zambezi-streek se verskerpte optrede teen onwettige visvang verwelkom en gesê sterker wetstoepassing lewer reeds positiewe resultate. Hy sê soortgelyke optrede is egter dringend nodig in die Kavango-streke. Paxton sê aan Kosmos 94.1 Nuus dat owerhede die onwettige…
'n Nuwe verslag oor die mynbedryf waarsku Suid-Afrika om die modernisering van mynbou te versnel om wêreldwyd mededingend te bly. 'n Raadgewer van die Navorsingsinstituut vir Innovasie en Volhoubaarheid, Ashleigh Muller, sê verouderende infrastruktuur, vaardigheidstekorte en stadige tegnologie-aanvaarding verswak die sektor. Sy sê nouer samewerking tussen die regering, die bedryf…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.