
Vrae in NV oor tekort aan ingenieurs
Loading player...
Die tekort aan ingenieurs by plaaslike owerhede is in die Nasionale Vergadering onder die loep geneem. Die PDM-parlementslid Winnie Moongo het vanmiddag kommer uitgespreek oor die implikasies wat ontoereikende ingenieurskapasiteit inhou vir dienslewering, infrastruktuurontwikkeling en die volhoubaarheid van openbare projekte. Sy het vrae aan stedelike en landelike ontwikkeling-minister James Sankwasa gerig.

