
Geen verlenging van kommentaar op fluitjieblaser-wet nie
Loading player...
Die minister van Justisie en Grondwetlike Ontwikkeling, Mmamoloko Kubayi, sê die tydperk vir openbare kommentaar oor die Wetsontwerp op Beskermde Openbaarmakings sal nie verleng word nie. Burgerlike organisasies het uitstel gevra weens ernstige tekortkominge in die wetsontwerp en beperkte openbare bewustheid. Die wetsontwerp wil Suid-Afrika se fluitjieblaser-beskermingsraamwerk hersien deur beter veiligheidsmaatreëls, duideliker aanmelding-prosedures en finansiële aansporing vir mense wat oortredings ontbloot. Die departement se woordvoerder, Palesa Rammitlwa, sê hulle het baie kommentaar ontvang:

