Speaker skerm vir Ramaphosa oor Phala Phala

Loading player...
Die speaker van die Nasionale Vergadering, Thoko Didiza, sê president Cyril Ramaphosa het die Parlement nie gevra om die ampsklagproses rondom die Phala Phala-saak te staak nie. Ramaphosa het die Parlement egter in kennis gestel dat hy die saak hof toe gaan neem. Volgens Didiza sal die Parlement wag vir die president se hofstukke, dan regsadvies inwin, e voortgaan met stappe om die Konstitusionele Hof se uitspraak oor die ampsklagreëls in werking te stel:
23 May 2AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Gautengse polisie vind R3 miljoen se tik

Die Gautengse polisie het 'n 35-jarige man in Diepsloot in hegtenis geneem na 'n intelligensie-gedrewe operasie deur die Teen-Narkotika-Misdaadintelligensie-eenheid en ander belanghebbendes. Woordvoerder Dimakatso Nevhuhulwi sê beamptes het ongeveer tien kilogram crystal meth, of tik, met 'n geraamde straatwaarde van drie-miljoen Suid-Afrikaanse rand onder 'n matras in 'n woning gevind…
1 Jun 11AM 1 min

Kuba se gesondheidsdiens op rand van ineenstorting

Kuba se eens ikoniese en gevierde gesondheidstelsel is besig om in duie te stort. Die land se gesondheidsdiens is nou onder erge druk ná jare van wanbestuur en Amerikaanse sanksies, en Amerikaanse president Donald Trump se olie-embargo het die probleem tot 'n spits gedryf. Chris Sabatini van die Koninklike Instituut…
1 Jun 11AM 1 min

Unam-studente moet nóú vir Nsfaf-hulp aansoek doen

Meer as 6 000 studente aan die Universiteit van Namibië loop die risiko om finansiële bystand mis te loop namate die Namibiese Studente Finansiële Bystandsfonds voorberei om sy aansoekvenster vir befondsing te sluit. In 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus sê die universiteitswoordvoerder, Simon Namesho, dat studente wat reeds vir…
1 Jun 10AM 1 min

Registrasie van nie-SA voertuie wat na SA reis het begin

Die tydelike registrasie van nie-Suid-Afrikaanse voertuie wat van SACU-lande afkomstig is en wat daardie land binnegaan, het vandag in werking getree. Die proses word deur die Suid Afrikaanse Inkomstediens geïmplementeer. Die ses maande lange permit kan aanlyn of by die grens verkry word. Kosmos 94.1 Nuus het met Leodolf Swanepoel…
1 Jun 10AM 1 min