Die speaker van die Johannesburgse raad, Margaret Arnolds, is bekommerd oor die voortgesette verspreiding van grafiese beeldmateriaal van gewelddadige voorvalle op sosiale media. Foto's van die naweek se moord op drie mense in Eldoradopark is op platforms gedeel. Arnolds se woordvoerder, Vusi Gumbi, sê voorvalle van geweldsmisdaad berokken steeds emosionele…
Die Israelse eerste minister, Benjamin Netanyahu, het aanvalle op die Dahiyeh-voorstad in Beiroet beveel. Dit is 'n vesting van die Irans-gesteunde militante Hizbollah in die Libanese hoofstad. Netanyahu sê dit is weens Hizbollah se herhaalde skendings van die skietstilstand en aanvalle op Israelse stede en burgers. Israel het aanvalle op…
Die Regeringsinstellings Pensioenfonds sê dat hy suksesvol 18,6 miljoen Namibiese dollar van twee voormalige werknemers wat van bedrog beskuldig is, verhaal het. Dit kom nadat die hof Martin Smith en Vabiola Aoses gelas het om die geld terug te betaal met rente van 20 persent per jaar, tesame met regskoste…
DA-leier Geordin Hill-Lewis sê die parlement se ampsklagkomitee moet die waarheid sonder aansien des persoons nastreef. In 'n onderhoud met SABC Nuus het Hill-Lewis gesê die proses gaan oor die beskerming van die waardes van aanspreeklikheid, etiek en eerlikheid in die regering eerder as enige individu of administrasie. Hy het…
Konferensie van Linkse Organisasies het 'n geskiedkundige verklaring aangeneem wat deelnemende instellings verbind om die georganiseerde mag van die werkersklas en die armes te herbou. Die konferensie het politieke partye, vakbonde, studente-organisasies, geloofs- en godsdienstige instellings en tradisionele leierskapstrukture byeengebring. Die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party se hoofsekretaris, Solly Mapaila, sê die…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.